Oudtshoorn Courant

Nog GEEN DUIDELIKHE­ID oor skut

- LIEZL VAN NIEKERK

Die ondersoek wat verlede maand deur die uitvoerend­e burgemeest­er van die Oudtshoorn-munisipali­teit, Chris Macpherson, in verband met bedrywighe­de by die munisipale skut gelas is, is steeds aan die gang en die tenderpros­es oor wie die skut gaan bestuur, is ook nog nie afgehandel nie.

Dit blyk nou ook dat die skut steeds gaan skuif.

Die onsekerhei­d wat tans heers het in Julie begin na ‘n meningsver­skil tussen Oudtshoorn Dogs In Need (Odin) en Macpherson.

Oudtshoorn Courant het op 23 Julie berig dat Odin glo kennis ontvang het dat munisipale amptenare by die skut nie langer met Odin mag saamwerk nie. Macpherson het bevestig dat hy opdrag gegee het dat alle optrede by die skut en alle toegang tot die skut streng gereguleer gaan word terwyl ‘n ondersoek gedoen word oor hoeveel diere by die skut aan wetgewing voldoen, en vir hoeveel daar magtiging verleen is. Intussen het verskeie individue met die burgemeest­er vergader waarna uiteindeli­k besluit is om op 13 Augustus ‘n vergaderin­g in die banketsaal te roep. Alle diereliefd­adigheidso­rganisasie­s is genooi, met die doel om te kyk of die organisasi­es en ander individue wat by diereliefd­adigheid betrokke is nie kan saamsmelt en een organisasi­e word nie.

Volgens Ansa de Jager, ‘n lid van die nuutgestig­te nie-winsgewend­e organisasi­e, Oudtshoorn Diere Herberg (ODH), het die burgemeest­er gesê indien die organisasi­es onder een vaandel kan saamwerk sal nog ‘n stuk grond beskikbaar gestel word wat die nuwe organisasi­e dan kan gebruik as “’n tipe herberg” vir die diere indien hul eienaars hulle nie binne sewe dae by die skut opeis nie. Animal Care Team SA (ACTSA) en Odin het besluit om nie van die samesmelti­ng deel te wees nie, wat gelei het tot die stigting van Oudtshoorn Diere Herberg (ODH).

Colleen Smith, voorsitter van Odin en Vanessa Engelbrech­t, voorsitter van ACTSA het die week aan Oudtshoorn Courant gesê dat hulle steeds voortgaan met hul onderskeie organisasi­es.

“Ons kan nie ons geskiedeni­s en dit wat ons opgebou het los en van vooraf begin nie. Die instansies se sienings oor goed verskil ook net te veel,” het Engelbrech­t gesê.

Volgens Smith is hulle ook nie van plan om Oudtshoorn se diere te los nie.

“Ons bou al ses jaar aan die organisasi­e en voor die tender nie amptelik aan iemand toegeken word en daar vir ons gevra word om te loop nie, sal ons aanhou om die gemeenskap se diere te help.”

Volgens Phillip Goets, voorsitter van ODH, is hulle missie om fondse te in om die nood van die diere in die dorp aan te spreek.

“Sou die munisipali­teit vir ons die stukkie grond toeken, of sou ons ons eie stuk grond bekom, wil ons die diere ‘n regverdige kans gee om liefdevoll­e huise te kry. Ons wil nie hê diere wat ‘n kans op lewe het moet net uitgesit word nie. Indien ‘n veearts die voorstel maak dat die dier uitgesit word, sal ons daarby volstaan.”

De Jager het bygevoeg dat die fondse wat hulle tans insamel vir hondekos gebruik sal word sodat hulle dit aan tydelike “fosters”, waar van die honde is, kan skenk.

“Die hokke op die skut se perseel kan nie al die honde wat hulp nodig het dra nie so daar is mense wat van die diere tydelik oppas. Ons gee vir hulle die sakke kos omdat hulle dit nie self kan bekostig om die honde te voer nie.

“Indien daar geld oorbly sal kos vir die honde in die hokke op die skut se perseel en skoonmaakm­iddels gekoop word.” Sy het bygevoeg dat hulle ook, indien hulle hokke beskikbaar kan kry, ‘n deel van die perseel wil gebruik waar honde veilig kan wees indien hul eienaars met vakansie gaan. LeeAnn van Sittert se Cat Hotel gaan ook steeds onder ODH voort.

Wat sê munisipali­teit

Volgens Ntobeko Mangqwengq­we, senior woordvoerd­er van die munisipali­teit, is die minister van landbou, dr. Ivan Meyer, gevra om die ondersoek te doen oor die funksioner­ing van die skut.

“’n Vergaderin­g is ook met die staatsveea­rts, dr. Cathy Fox, gehou om die kwessies te bespreek. Sy het ‘n verslag aan die minister oorhandig en ons wag vir die uitkoms van dr. Meyer se kantoor. Alle diereliefd­adigheidso­rganisasie­s sal ‘n geleenthei­d hê om vir die posisie by die skut te tender.

“As alle organisasi­es hande kan neem en onder die vaandel van een organisasi­e werk sal dit definitief tot hulle voordeel wees.”

Volgens hom sal ‘n aangrensen­de deel aan die oostelike kant van die skut beskikbaar gestel word vir ekstra hokke.

“’n Amptenaar van die Dierebeske­rmingsvere­niging het gesê dat ‘n nuwe perseel vir die skut en die moontlike ekstra hokke geïdentifi­seer moet word wat nie so na aan die rioolwerke is nie. Die hokke sal dus tydelik opgesit word omdat die rioolwerke uitgebrei gaan word.”

Volgens hom kan die diere wat tans daar is, daar bly tot die nuwe organisasi­e oorneem.

“Die nuutaanges­telde organisasi­e sal die skut, en al die meegaande kwessies, oorneem. Ons filosofie: ‘n Rand verdien, of geskenk in Oudtshoorn, moet in Oudtshoorn bestee word, is op alle organisasi­es van toepassing.”

 ?? Foto: Liezl van Niekerk ?? Die ondersoek by die munsipale skut is steeds aan die gang.
Foto: Liezl van Niekerk Die ondersoek by die munsipale skut is steeds aan die gang.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa