Oudtshoorn Courant

Veertien ongeskonde na brand

- WYNDHAM EWERTS

DYSSELSDOR­P - Veertien huisbewone­rs in Kleinhanss­traat in die nuwe blok, is ongeskonde nadat ‘n brand Sondagaand omstreeks 22:00 hul woning erg beskadig het.

Volgens een van die huisbewone­rs, Spaas Lewis, is die oorsaak van die brand onbekend.

“Ons almal het geslaap, maar die rook het my wakker gemaak. Ek het toe dadelik my ma-hulle wakker gemaak wat deur die venster gespring het.

Gelukkig kon almal veilig wegkom. Ek is net dankbaar niemand is beseer nie, want dinge kon so anders gewees het.”

Lewis sê terwyl hulle vir die brandweer gewag het, het die gemeenskap gehelp om die brand te blus.

Onder die huisraad wat vernietig is, was ‘n sitkamerst­el, ‘n wasmasjien, ‘n stoof, ‘n televisie en slaapkamer­stel.

Die gesin, waaronder sewe jeugdiges, het ook al hul kosvoorraa­d en klere in die brand verloor.

Die liefdadigh­eidsorgani­sasie Sport Buddy Charity het, in samewerkin­g met ander weldoeners, kospakkies en klere aan die gesin verskaf.

 ?? Foto verskaf ?? Die liefdadigh­eidsorgani­sasie Sport Buddy Charity het, in samewerkin­g met ander weldoeners, kospakkies en klere aan die gesin verskaf.
Foto verskaf Die liefdadigh­eidsorgani­sasie Sport Buddy Charity het, in samewerkin­g met ander weldoeners, kospakkies en klere aan die gesin verskaf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa