Oudtshoorn Courant

Plaaslike basketbals­panne bult spiere in Knysna

- WYNDHAM EWERTS

Die basketbals­panne van Bridgton en Dysselsdor­p het die afgelope naweek hul staal in Knysna (Hornlee) teen die gasheer en George gewys met voortrefli­ke basketbal wat opgedis is.

Weens ongure weer het die wedstryde eers om 11:30 begin. Bridgton het in sy eerste wedstryd die vloer met Knysna gevee en hulle met 70-0 afgeransel.

Die eerste helfte se tellings was reeds 37-0 in die besoekers se guns. Picaso Louw van Bridgton was die groot uitblinker vir sy span en het 37 punte in totaal aangeteken. Dit was van die begin af duidelik dat Louw se balvaardig­hede, vlugvoetig­heid en akkurate doelpoging­s een te veel vir Knysna sou wees. Louw, ‘n leerder van Bridgton Sekondêr is ook onlangs vir die Westelike Provinsie se o.15-basketbals­pan gekies.

Bridgton was ook in hul tweede wedstryd van die dag teen George met 33-10 baas nadat hulle teen rustyd met 16-3 voorgeloop het.

Ebenezer Titus, afrigter van die Bridgtonsp­an het na sy span se oorwinning­s gesê dat ondanks die twee oortuigend­e oorwinning­s daar nog harde werk vir die span voorlê. “Ons is besig om in ‘n gedugte eenheid te vorm. Dis duidelik dat ons harde werk en weeklikse oefeninge die moeite werd is. Meeste van ons strategieë en moves het ook vandag afgekom soos vooraf beplan.”

Die span van Dysselsdor­p het daarinteen naelskraap teen Knysna met 17-12 verloor nadat hulle met rustyd slegs 8-6 agtergeloo­p het.

Dit moet ook genoem word dat Dysselsdor­p slegs sewe spelers tot hul beskikking gehad het om te roteer. Knysna het om die beurt elke drie minute ‘n vars vyftal op die baan gestoot om hul spelers gedurig vars te hou terwyl Dysselsdor­p deurentyd met dieselfde spelers moes volhard het. Dysselsdor­p het ook in sy tweede wedstryd teen George belowend begin, maar dié wedstryd moes afgelas word weens reënbuie wat neergesak het.

Dysselsdor­p se afrigter, Monique Lewie, het gesê dat sy trots is op haar span se kannie-dood-houding. “Dis veral ons verdedigin­g wat my beïndruk het. Daar is nog hier en daar natuurlik aspekte van ons spel waaraan geskaaf moet word, maar vandag se vertoning is iets waarop die span kan voortbou. Basketbal is ‘n redelike nuwe sport in Dysselsdor­p, maar dit is besig om vinnig te groei. Teen die pas behoort ons binnekort ‘n volsterkte plaasverva­nger bank te hê waarmee ons saam met die groot honde kan blaf,” het Lewie gesê.

 ??  ?? Rushen Gelant, kaptein van die Dysselsdor­p-basketbals­pan op die aanval.
Rushen Gelant, kaptein van die Dysselsdor­p-basketbals­pan op die aanval.
 ?? Foto’s: Wyndham Ewerts ?? Picaso Louw stel sy balvaardig­hede ten toon.
Foto’s: Wyndham Ewerts Picaso Louw stel sy balvaardig­hede ten toon.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa