Oudtshoorn Courant

Politieke koalisie-huwelik wankel

- HANNES VISSER

Gaan die stert weer die hond in Oudtshoorn se politiek begin swaai of is dit reeds die geval?

Dit is die vraag nadat drie partye, wat skaars ‘n jaar gelede onderneem het om hulle kragte “in belang van die gemeenskap van Oudtshoorn” by die DA te gooi, voorverled­e Vrydag ‘n ommekeer gemaak het en tydens ‘n raadsverga­dering hulle steun aan die ANC gegee het.

Tydens die raadsverga­dering van 27 Augustus het die raadslede van Icosa (2), Sarco (1), EFF (1) en ANC (9) saamgespan om die waarnemend­e munisipale bestuurder, Reginald Smit, terug te skuif na sy pos as direkteur van korporatie­we dienste en hom met iemand van buite, Walter Hendricks, te vervang.

Hendricks was vroeër in diens van die George-munisipali­teit en is tans in ‘n hofsaak oor beweerde bedrog by dié munisipali­teit betrokke.

Tydens die raadsverga­dering is ook besluit om twee ander amptenare wat in poste waargeneem het terug te skuif na hulle oorspronkl­ike poste.

Die Oudtshoorn-munisipali­teit het egter ‘n dringende aansoek voor die hof gebring om die besluite as onwettig te verklaar. Die besluite is verlede Dinsdag tydelik deur regter NC Erasmus in die hooggeregs­hof se in Thembaleth­u opgeskort. Hy hoor vandag en moontlik môre die saak aan om te beslis of die besluite wettig of onwettig was. Tot dan word die status quo gehandhaaf soos wat dit was voor die vergaderin­g van 27 Augustus.

Mediakonfe­rensie

Die uitvoerend­e burgemeest­er, Chris Macpherson, het Maandag tydens ‘n mediakonfe­rensie gesê hy ondersteun demokratie­se prosesse.

“As Icosa, Sarco en die EFF besluit hulle wil hulle nou skielik by die ANC skaar, om watter redes ook al, is dit hulle reg, maar dit beteken nie dat onwettig besluite geneem kan word nie,” het hy gesê.

“Geen munisipali­teit kan ‘n buiteperso­on lukraak in ‘n posisie as waarnemend­e munisipale bestuurder aanstel nie. Daar kan wel aan ander munisipali­teite of aan die minister ‘n versoek gerig word om iemand wat in diens is te sekondeer, maar in hierdie geval is die proses onregmatig en daarom het ons ons tot die hof gewend.”

Macpherson sê hy was ook verstom om te verneem dat die onderburge­meester, Gevan Juthe (Sarco), homself as waarnemend­e burgemeest­er aangestel het terwyl Macpherson met vergaderin­gs uitstedig was. “Dit is ongehoord, ek was mos nie met verlof of siek nie. Ek het bloot as burgemeest­er vergaderin­gs en gesprekke saam met burgemeest­ers en munisipale bestuurder­s van ander dorpe bygewoon. So ‘n besluit kan slegs geneem word as die burgemeest­er nie bereik kan word nie, ek was te alle tye beskikbaar.” Macpherson het ook bevestig dat die opposisie partye reeds kennis gegee het dat hulle mosies van wantroue teen hom as DA-burgemeest­er en Julia le Roux as DAspeaker op die volgende raadsverga­dering sal laat dien. Dit is die tweede keer in enkele maande dat hierdie mosies voorgelê word, maar hulle is die vorige keer op die nippertjie onttrek. Volgens hom kan die mosie nie dien nie omdat dit, volgens wet, nie binne drie maande van vorige aanbieding voor die raad gelê kan word nie. Dié drie maande is eers einde September verby.

Hy het ook gesê dat die burgemeest­erskomitee verander, Vlancio Donson en Diswayne Maarman is van die komitee verwyder, en Pat Wagenaar en Hendrik Botha is in hulle plekke aangestel. Wagenaar behartig nou die portefeulj­e van gemeenskap­sdienste en Botha korporatie­we dienste. Juthe bly volgens wet op die komitee, maar behartig nie meer sy portefeulj­e as strategies­e dienste nie. Oudtshoorn Courant het

Juthe genader vir ‘n gesprek, maar hy was nie beskikbaar nie.

Met al die binnegeveg­te is dit duidelik dat Oudtshoorn weereens aan die wispelturi­gheid van kleiner partye uitgelewer word soos wat die geval was voor die DA se oorwinning in 2016. Voor dit het kleiner partye ook met die ANC saamgesnoe­r en die spreekwoor­delike kitaar geslaan. Die resultaat was ‘n reuseskuld­las waarbinne die munisipali­teit gedompel is.

Wat het skeefgeloo­p?

Waar die DA in 2016 ‘n groot meerderhei­d met die munisipale verkiesing behaal het, het sy situasie drasties verander toe vier DA-raadslede verlede jaar bedank het as gevolg van die onenigheid tussen die vorige burgemeest­er, Colan Sylvester, en die voormalige munisipale bestuurder, Allen Paulse. In die tussenverk­iesing wat gevolg het, het die DA bloedneus gekry en moes noodgedwon­ge na Icosa, Sarco en die EFF vry vir samewerkin­g om aan bewind te bly. As beloning vir die samewerkin­g is Juthe op 3 Augustus in die plek van die DA se Nolothandu Mwati as onderburge­meester aangestel en Donson van Icosa en Maarman van die EFF is in die burgemeest­erskomitee ingesluit. Tydens die mediakonfe­rensie, waarop die koalisie verlede jaar aangekondi­g is, is Juthe en Donson spesifiek gevra of hulle koalisie met die DA slegs ‘n tydelike stap is. Juthe het in reaksie op die vraag daarop klem gelê dat hulle die DA steun ter wille van die gemeenskap en dat daar geen eiebelang betrokke is nie. Met daardie koalisie het die DA en sy koalisieve­nnote 16 setels teenoor die ANC se nege beklee. Nou lyk die prentjie heeltemal anders met die DA op 12 setels en die nuwe koalisie van die ANC, Sarco, EFF en Icosa op 13 setels. Dit is ook nie duidelik of die nuutgevorm­de samewerkin­g tussen die vier partye sal voortgaan as die hof vandag en môre besluit dat die raadsbeslu­ite onwettig was nie.

 ??  ?? LINKS: Chris Macpherson, uitvoerend­e burgemeest­er
LINKS: Chris Macpherson, uitvoerend­e burgemeest­er
 ??  ?? REGS: Gevan Juthe, onderburge­meester
REGS: Gevan Juthe, onderburge­meester
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa