Oudtshoorn Courant

Rosebankmo­ordsaak weer uitgestel

- GARNETT WICOMB

OUDTSHOORN - Die verhoor van die vier verdagtes van Rosebank, wat van die moord op Justin Booysen teregstaan en Dinsdag in die Oudtshoorn-streekhof sou begin, moes uitgestel word weens ‘n sterfgeval in die landdros se familie.

Simphiwe Ndoni (32), Ephrahim Malgas (42), Lorenzo Malgas (24) en Breyton Bruiners (25) staan tereg op aanklagte van moord en aanranding met die opset om ernstig te beseer.

Die saak spruit uit die dood van Justin Booysen (30) wat op Sondag

17 November 2019 in sy huis in Belle Rosa-singel doodgeskie­t is.

Ndoni en Ephrahim Malgas dien tans vonnisse van onderskeid­elik vyf en drie jaar uit vir handel in dwelms, terwyl Lorenzo Malgas en Bruiners op borgtog uit is.

Die saak dien voor streekland­dros Kenneth Peters van Kaapstad en is in sy afwesighei­d uitgestel vir drie dae se verhoor vanaf 10 tot 12 November.

 ?? Foto: Liezl van Niekerk ?? Justin Booysen
Foto: Liezl van Niekerk Justin Booysen

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa