Oudtshoorn Courant

Lasbrief vir klaer wat wegbly van hof

- GARNETT WICOMB

DYSSELSDOR­P - ‘n Lasbrief is Maandag in die Oudtshoorn-streekhof gemagtig vir die arrestasie van een van die klaers in die saak teen vyf beskuldigd­es van Dysselsdor­p wat teregstaan op twee aanklagte van menseroof en twee van poging tot moord.

Shane August (19), Walter Abrahams (21), Patrick Prins (29), Deshwill Lingerveld (35) en Tadeo Sibanda (27) word daarvan aangekla dat hulle op 26 Oktober 2020 twee mans, Lee Marco Tamboer (26) en Adriaan Hector (26), in die kattebak van ‘n motor geforseer en later met ‘n spanhoutji­e, ‘n graaf en bierbottel­s geslaan het en met ‘n skroewedra­aier gesteek en ook geskop en getrap het. Tamboer was Maandag weer nie by die hof nie, waarna die staat die hof vir ‘n lasbrief gevra en versoek het dat die saak vir sy arrestasie uitgestel word.

Die vyf se regsvertee­nwoordiger­s, Wenzel Botha en Gideon Badenhorst het beswaar aangeteken teen verdere uitstel, maar die beslissing in die hande van die hof gelaat. Volgens hulle vra die beskuldigd­es dat die saak van die rol geskrap word.

Twee polisiebea­mptes het met die aanvang van die verhoor getuig dat hulle die voertuig van die beskuldigd­es met die twee klaers in die kattebak die betrokke aand tot in die informele nedersetti­ng, Riemvasmaa­k, agtervolg het, maar onttrek het toe nog ses mans uit die hut van Sibanda gekom en op hulle begin skel het. Die saak word deur streekland­dros Sylvia Mandla aangehoor en is finaal tot 27 September uitgestel.

 ??  ?? Die dwelms wat deur die polisie gekonfiske­er is.
Die dwelms wat deur die polisie gekonfiske­er is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa