Oudtshoorn Courant

Boer sterf in skietongel­uk

- TERESA OPPERMAN

BURGERSDOR­P - Edward de Villiers (35), ‘n boer van die Burgersdor­p-distrik, is verlede Sondag tragies oorlede na ‘n skietongel­uk. De Villiers het op die bekende landmerkpl­aas, Rosslands, geboer.

Hy laat sy vrou, Lydia, asook drie minderjari­ge kinders, Edward (8), Lika (6) en Valken (3) agter. Sy ouers, Edward en Louise de Villiers, ook van Burgersdor­p, en sy twee susters, Hettie en Elizna, kon die afgelope Vrydag die troosdiens in die NG kerksaal bywoon. Die diens is deur ds. Hansie Schutte onder streng Covid-19-protokol waargeneem.

De Villiers se dood was vir die gemeenskap­pe van Burgersdor­p, Molteno, Hofmeyr en Steynsburg ‘n groot skok.

Geen gemene spel word vermoed nie.

 ??  ?? Edward de Villiers
Edward de Villiers

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa