Oudtshoorn Courant

Meiringspo­ort-wedloop gekanselle­er

- WYNDHAM EWERTS

Die organiseer­ders van die Optimum Meiringspo­ort-wedloop het vandeeswee­k, na deeglike oorweging, aangedui dat die gewilde wedloop afgestel is. Een van die redes vir die besluit was dat die ramptoesta­nd (State of Disaster) op 2 September tot 15 Oktober verleng is met vlak 3-regulasies wat steeds van krag bly. Volgens die verklaring is daar dus geen vooruitsig vir ‘n gesinsbyee­nkoms op korttermyn nie.

“In hierdie omstandigh­ede moet ons ongelukkig ons geleenthei­d in 2021 kanselleer. Dit is ‘n groot teleurstel­ling vir almal omdat dit iets is wat die gemeenskap van De Rust nie kan bekostig nie. Kom ons wees positief en vertrou dat beter tye vir ons voorlê. Ons vertrou dat daar op 8 Oktober 2022 ‘n wonderlike terugkeer na die gewilde wedloop sal wees.”

 ?? Foto verskaf ?? Atlete spring weg tydens ‘n vorige Optimum Meiringspo­ort-wedloop.
Foto verskaf Atlete spring weg tydens ‘n vorige Optimum Meiringspo­ort-wedloop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa