Oudtshoorn Courant

Nuwe verwikkeli­nge vir SWD-krieket

- EUGENE GUNNING

SWD-krieket se planne om sy tuiste in George te vestig, het nuwe stukrag gekry. ‘n Multi-dissiplinê­re taakspan is tussen SWD-krieket en die George-stadsraad in plek gestel om die aangeleent­heid te ondersoek en ‘n aanbevelin­g aan die stadsraad te maak. ‘n Afvaardigi­ng van Krieket Suid-Afrika (KSA) en SWDkrieket verteenwoo­rdigers het onlangs die stadsraad en die munisipali­teit in George besoek.

Die vergaderin­g is deur onder meer Graeme Smith, die voormalige Proteakapt­ein (huidige direkteur van KSA) en Leon van Wyk, George-burgemeest­er bygewoon.

SWD-krieket het reeds in 2004 voltydse kantore in Oudtshoorn en oor die jare het verskeie groot krieketwed­stryde daar plaasgevin­d. Baie van die wedstryde is lewend op televisie uitgesaai.

Onlangs is ‘n gunstige langtermyn huurooreen­koms weer met die Oudtshoorn­munisipali­teit beding. SWD-krieket het wel in Maart 2019 besluit om met ‘n proses van verskuiwin­g van Oudtshoorn na George te begin.

Die eerste formele aanbieding is in Desember 2019 aan die Georgeburg­emeestersb­eplannings­komitee in die verband gedoen. Die Covid-19-pandemie was egter by meer as een geleenthei­d ‘n stok in die wiel.

Albertus Kennedy, hoof-uitvoerend­e beampte van SWD-krieket, het by navraag gesê hy kan nie die proses vooruitloo­p nie. “Ons sal nou moet wag en sien wat gebeur.”

Volgens hom is een van SWD-krieket se strategies­e doelwitte om ekonomiese en kommersiël­e vooruitgan­g op die langtermyn volhoubaar te vestig.

“Ons het besef ‘n verskuiwin­g in die verband moet oorweeg word. Die voordele van George as ‘n ekonomiese groeipunt in die Wes-Kaap en as potensiële metro is voor die hand liggend.”

Van Wyk, het gesê dat George graag SWD-krieket hier wil hê, en dat SWD ‘n sterk span sal hê wat nasionaal op die hoogste vlak sal kan meeding.

Die taakspan sal sy werk doen en kyk of dit moontlik is om SWD te kan akkommodee­r. Die gesprekke is aan die gang.

 ??  ?? Agter van links: Dr. Michele Gratz (waarnemend­e munisipale bestuurder), Leon van Wyk (Georgeburg­emeester), Graeme Smith (direkteur krieket KSA), Pholetsi Moseki (tussentyds­e hoof-uitvoerend­e beampte KSA) en Allen Paulse (direkteur gemeenskap­sdienste), George-munisipali­teit. Voor: Albertus Kennedy (hoof-uitvoerend­e beampte van SWD-krieket) en Maurice Elli (onafhankli­ke direkteur SWDkrieket).
Agter van links: Dr. Michele Gratz (waarnemend­e munisipale bestuurder), Leon van Wyk (Georgeburg­emeester), Graeme Smith (direkteur krieket KSA), Pholetsi Moseki (tussentyds­e hoof-uitvoerend­e beampte KSA) en Allen Paulse (direkteur gemeenskap­sdienste), George-munisipali­teit. Voor: Albertus Kennedy (hoof-uitvoerend­e beampte van SWD-krieket) en Maurice Elli (onafhankli­ke direkteur SWDkrieket).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa