Oudtshoorn Courant

Le Roux en Smal wen gholfdag

- WYNDHAM EWERTS

Jan le Roux en Hannes Smal het verlede Woensdag die Oudtshoorn-sakekamer se maandeliks­e gholftoern­ooi by die Oudtshoorn­gholfbaan met ‘n telling van 45 punte gewen. Die pare Francois Verwey/Ettienne Roos en Chris Smith/ Ian Laubsher was met dieselfde telling onderskeid­elik in die tweede en derde plekke.

Lollies van Rensburg het op die derde en 12de putjie die naaste aan die penne geslaan. Die dag het altesaam 44 spelers gelok en was in die 4BBS-formaat beslis. Spogtwees was deur Garth Matthews (agste), Luwellyn Rheeder (derde), Louis Fourie (agste) en Chris Odendaal (derde).

Altesaam 71 vrouespele­rs het verlede Donderdag by die Oudtshoorn Ladies At Home-gholftoern­ooi afgeslaan. Wanita Uys en

Ronel Westraadt was die wenners met 46 punte gevolg deur Steph Nel en Marnel Steyl wat ook met 46 punte geëindig het.

Langenhove­n Gimnasium se gholfdag, wat verlede Saterdag gespeel is, het 129 spelers gelok. Jaco Swanepoel en Charl du Plessis was met 52 punte die wenners. Skillie Pretorius en sy seun Pieter, was in die tweede plek met 51 punte.

Al die gholfdae was soos gewoonlik met streng Covid-19-regulasies beslis.

 ?? Foto verskaf ?? Van links, is: Paul Stroebel (klubkaptei­n), Jan le Roux (wenner) en Helen Butler (sakekamer). Afwesig: Hannes Smal.
Foto verskaf Van links, is: Paul Stroebel (klubkaptei­n), Jan le Roux (wenner) en Helen Butler (sakekamer). Afwesig: Hannes Smal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa