Oudtshoorn Courant

‘Jack Russell’ maak opslae

- WYNDHAM EWERTS

Die Oudtshoorn­iet, Hermann Mostert, se splinternu­we 2JZ-aangedrewe Nissan Champ-bakkie het onlangs met sy eerste verskyning op Killarney-renbaan in Kaapstad ‘n ongeloofli­ke tyd van 7,97 sekondes met ‘n spoed van 308,06 kilometer per uur behaal.

Die bakkie met die bynaam ‘Jack Russell’, het ‘n indrukwekk­ende 8,73 sekondes teen 262,23 kilometer per uur reguit van die sleepwa af gehaal, en dit opgevolg met ‘n tweede poging van 8,53 sekondes teen 253,86 kilometer per uur voordat hy weer onder agt sekondes in die laaste ren van die dag behaal het.

Mostert het ook die tweede vinnigste tyd van die dag in sy boksvormig­e Toyota Corolla, ‘Poedel’, aangeteken en ‘n 9,11 sekondes met ‘n spoed van 216,93 kilometer per uur aangeteken.

Moster, eienaar van Tretsom Bouers-konstruksi­eondernemi­ng, sê dat hy reeds van kindsbeen af geïnteress­eerd is in spoed en die modifiseri­ng van motors. “Motorsport is vir my ‘n lekker stokperdji­e om in my vrye tyd so bietjie die voet diep in die hoek te trap met my vuurwaens. Ek was ook al genooi na die Midvaal-renbaan maar weens my druk werkskedul­e moes ek dit ongelukkig van die hand wys. My vertoning by Killarney is tot dusver my hoogtepunt en ek sien uit om weer na die baan terug te keer - hopelik met selfs ‘n nog vinniger tyd,” het Mostert gesê.

 ?? Foto’s: WPMC ?? Mostert se kragtige Nissan Champ-bakkie. INLAS: Só lyk ‘Jack Russell’ van binne.
Foto’s: WPMC Mostert se kragtige Nissan Champ-bakkie. INLAS: Só lyk ‘Jack Russell’ van binne.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa