Oudtshoorn Courant

Gemeenskap rou oor motorfiets­ryer

- HANNES VISSER

OUDTSHOORN - Dit was sy gebruik om elke Vrydagmidd­ag ‘n kort entjie met sy motorfiets te ry, net om te ontspan en gewoonlik het hy dan iewers iets gaan eet en die afgelope Vrydag was dit weer Wickus le Roux (45) se plan.

Volgens sy vrou, Suzette, het Wickus Vrydagmidd­ag besluit om ‘n pizza by die Deli naby die Outeniquap­as te gaan eet. “Dit was sy manier om na die week bietjie te ontspan, maar ‘n hele ruk nadat hy weg is het ek die boodskap gekry dat hy in ‘n ongeluk was,” het sy Maandag gesê.

Le Roux is op slag dood toe ‘n Mahindra-bakkie hom op die draai aan die bokant van Perdeskoen­draai reg van voor getref het. Volgens merke op die pad het die bakkie vanuit George se rigting gekom toe die bestuurder skynbaar die draai onderskat het en links op die grondstroo­k beland het. Die bakkie het teruggeswa­ai en oor die padoppervl­ak tot in die baan van aankomende verkeer beweeg waar dit Le Roux se Kawasaki Z1000 getref het. Hy is ongeveer tien meter deur die lug geslinger en het langs ‘n grensdraad geval. Die bakkie het ‘n ent verder regs van die pad afgery en vasgesteek.

Volgens mense wat eerste op die toneel was, was die motorfiets­ryer reeds dood. Die bestuurder van die bakkie het ‘n besering aan sy arm opgedoen en is per ambulans hospitaal toe geneem. Mense wat by die toneel gestop het, was verslae, want hulle het Le Roux kort voor die botsing nog op die pad gesien.

Suzette sê sy en haar man was 24 jaar getroud. “Hy en ons seun Jean-Pierre (17) is my hele lewe. Sy dood is vir ons ‘n groot skok. Ons gaan hom baie mis en altyd liefhê. Hy is op ‘n baie onregverdi­ge manier van ons af weggeneem. Hy is ‘n goeie motorfiets­ryer en doen dit al jare. Hy het met ons seun se geboorte ophou ry en hierdie was sy eerste groot motorfiets na dit.”

Volgens haar was Wickus ‘n stil, saggeaarde mens wat van avonture en die buitelewe gehou het. Hy was ook ‘n bekende in veerpyltji­ekringe.

“Hy en Jean-Pierre verjaar op dieselfde dag. Wickus sou op 29 Oktober 46 word en JP 18. Dit was ‘n groot verjaarsda­g waarna ons so baie uitgesien het. Ons sou ook op 25 Oktober ons 25ste huwelikshe­rdenking gevier het.”

Sy sê sy sal altyd onthou hoe lief hy daarvoor was om die volstruise langs die pad te voer.

“Ons het fantasties­e tye saam gehad en ons troos ons daaraan dat ons goeie herinnerin­ge saam met hom het. Hy was ‘n man en pa duisend en het ons in alles wat ons gedoen het ondersteun.”

Suzette sê sy is vreeslik dankbaar vir almal wat die familie tot dusver ondersteun het.

‘n Groot groep motorfiets­ryers, familie en kennisse van Le Roux het Sondag onder begeleidin­g van die verkeersaf­deling by die ongeluksto­neel bymekaarge­kom en kranse en blomme gelê. Die egpaar het albei by die lughawe gewerk en Suzette was nog aan diens toe sy die nuus van haar man se dood ontvang het. Volgens kapt. Louis Visser, woordvoerd­er van die Oudtshoorn­polisie, word ‘n klag van strafbare manslag ondersoek.

Hy laat sy vrou, seun, skoonouers, sy suster en broer agter.

Finale reëlings vir die begrafnis is nog nie bekend nie.

 ?? Foto’s verskaf ?? Wickus en sy seun Jean-Pierre met hul verjaarsda­g verlede jaar.
Foto’s verskaf Wickus en sy seun Jean-Pierre met hul verjaarsda­g verlede jaar.
 ??  ?? Vriende en familie van Wickus tydens die kransleggi­ng. INLAS: Die kruis wat Wickus se vriende en familie by die ongeluksto­neel opgesit het.
Vriende en familie van Wickus tydens die kransleggi­ng. INLAS: Die kruis wat Wickus se vriende en familie by die ongeluksto­neel opgesit het.
 ?? Foto: Hannes Visser ?? Die motorfiets en die bakkie op die ongeluksto­neel.
Foto: Hannes Visser Die motorfiets en die bakkie op die ongeluksto­neel.
 ??  ?? Jean-Pierre en sy ma, Suzette, tydens ‘n kransleggi­ng by die ongeluksto­neel.
Jean-Pierre en sy ma, Suzette, tydens ‘n kransleggi­ng by die ongeluksto­neel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa