Oudtshoorn Courant

Geliefde inwoner sterf

- TERESA OPPERMAN

HOFMEYR - Amanda Philps (76), van die plaas Gruisklip in die Hofmeyr-distrik, is die afgelope naweek oorlede nadat sy vir Covid-19-verwante komplikasi­es gehospital­iseer is.

Sy was alombekend as ‘n hoogs begaafde digter, voordragku­nstenaar en sterk sopraan in die Hofmeyr-koor, maar dit was die onbaatsugt­ige diens wat sy aan die gemeenskap gelewer het, waarvoor sy altyd onthou sal word.

Sy het in 1973 met Theo Philps in die huwelik getree en na Hofmeyr verhuis. “My skoonma was die sterkste en beginselva­ste vrou wat ek die voorreg gehad het om te ken,” vertel Kiepie Pienaar, haar skoonseun.

“Sy het ná skool haar onderwyskw­alifikasie aan die Universite­it van Stellenbos­ch voltooi en toe sy in 2001 hoor dat die plaaslike Teviot-plaasskool gaan sluit, het sy besluit om die skool te verskuif na Grootdam, waar sy vir baie jare die plaaskinde­rs vanuit die omgewing, aanvanklik sonder enige vergoeding, onderrig het. Sy het ook sommer self die kinders op die plase gaan haal en na skool weer huis toe geneem, ook sonder enige vergoeding. Honderde plaaskinde­rs kon skoolgaan bloot omdat sy haar oor hulle ontferm het.

“Mettertyd het sy ‘n voltydse departemen­tele onderwyspo­s by Grootdam-skool beklee en kon sy ook ‘n leederverv­oerkontrak met die departemen­t sluit. Sy het tot en met haar siekbed en hospitalis­asie nog toegesien dat alle leerders op haar roetes betyds by die skool uitkom.

“Hierdie merkwaardi­ge vrou laat haar drie kinders en hul gesinne na en die hegte familieban­d wat hulle onder haar sorg gebou het, sal hul deur hierdie moeilike tyd dra,” deel haar suster Naomi Uys mee.

 ??  ?? Amanda Philps wyle
Amanda Philps wyle

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa