Oudtshoorn Courant

Grudood van hond lei tot klag

- LIEZL VAN NIEKERK

OUDTSHOORN - Die diereliefd­adigheidso­rganisasie, Oudtshoorn Dogs in Need (Odin), het dié week ‘n klag van dieremisha­ndeling by die Oudtshoorn-polisie ingedien.

Volgens Colleen Smith, voorsitter van Odin, het hulle verlede week ‘n klagte van bure, wat in die Oostelikew­egomgewing woon, ontvang oor ‘n hond wat baie siek is.

“Een van ons lede het die huis besoek en dit dadelik herken omdat ons voorheen daar was en ‘n hond weggevat het. Ons lid het by die hek geroep, maar het geen antwoord gekry nie en het toe die hond by die heining opgemerk.”

Volgens haar was dit een van die gruwelikst­e tonele wat hulle nog aanskou het.

Smith sê met hul vorige besoek aan die huis was dieselfde hond ook daar, maar was hy in ‘n goeie toestand. Daar was egter nie die keer mense by die huis nie.

“Ons lid het dadelik personeel van die skut laat kom om die heining te knip dat ons by die hond kon uitkom. Die maaiers was besig om die hond lewendig op te eet. Hy het soveel pyn en lyding ervaar. Daar was geen kos of water by die huis waar die hond was nie.”

Oudtshoorn Courant het grufoto’s van die hond gesien en oral op die hond se lyf was bosluise en maaiers sigbaar.

“Die hond is kort na hy gevind is dood. Dit is duidelik dat hy vir baie, baie lank nie kos gekry het nie. Volgens die veearts wat die hond gesien het, was daar net water in die hond se lyf oor. Daar was geen rooibloeds­elle meer nie.”

Volgens Smith het hulle inligting ontvang dat die eienaars van die hond reeds in Julie na Mosselbaai verhuis het en die hond alleen agtergelaa­t het.

“Ons het die klag gelê sodat mense kan weet dat hierdie tipe onreg aan diere nie geduld sal word nie.

“Die hond het ‘n geweldige lyding gehad en hy het dit nie verdien nie. Ons sal nie hierdie soort gedrag in ons gemeenskap­pe toelaat nie.”

Kapt. Louis Visser, woordvoerd­er van die Oudtshoorn-polisie, het bevestig dat hulle ‘n klag ondersoek.

 ??  ?? Die hond is deur lede van Odin in die omgewing van Oostelikew­eg gevind.
Die hond is deur lede van Odin in die omgewing van Oostelikew­eg gevind.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa