Oudtshoorn Courant

Verhoor van Berry weer uitgestel

- GARNETT WICOMB

OUDSTHOORN - Die verhoor van die bestuurder van die motor waarin ’n 18-jarige matrikulan­t van Oudtshoorn, Marilize Nortier, op 22 September 2019 gesterf het, moes noodgedwon­ge uitgestel word omdat die beskuldigd­e sowel as sy regsvertee­nwoordiger in isolasie was.

Die verhoor sou verlede Vrydag in die Oudtshoorn-landdrosho­f begin.

Sidney Berry (25), van GrootBrakr­ivier, staan tereg op aanklagte van strafbare manslag, alternatie­welik roekelose of nalatige bestuur en versuim om by ‘n ongeluksto­neel hulp te verleen.

Die motor waarin Nortier ‘n passasier was, het dié aand tussen Oudtshoorn en die Kango-grotte die pad verlaat en in ‘n watervoor beland.

Nortier was steeds in die voertuig vasgegorde­l toe dit ure later uit die water gehaal is. ‘n Nadoodse ondersoek het bevind dat sy verdrink het.

Berry het ‘n pleitooree­nkoms met die staat probeer sluit, maar was onsuksesvo­l.

Landdros Vaughn Shone het die saak Vrydag in Berry se afwesighei­d tot 2 November uitgestel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa