Oudtshoorn Courant

Port van die Jaar

-

CALITZDORP - Tim Atkin, bekroonde wynjoernal­is en meester van wyn met meer as 30 jaar ervaring, het onlangs Boplaaslan­dgoed se portwyne as port van die jaar aangewys. Die Boplaas Cape Vintage Reserve Port 2004 is aangewys as die beste port in Suid-Afrika met ‘n punt van 95 uit 100.

Die 2004-port het weereens gewys dat Boplaas Port fantasties verouder.

Carel Nel, eienaar van Boplaas-landgoed, het Dinsdag gesê dat dit vir hulle ‘n besondere eer is dat Atkin hul port as die beste port benoem het.

Atkin het ook die Cape Vintage Reserve 2019 ‘n uitmuntend­e 94 punte gegee en die Cape Tawny het 91 punte verdien.

Die Boplaas Gamka Branca 2019 het 93 punte gekry. Dié wyn, wat ‘n droë wit versnit, is het ook dubbel goud gekry by Vitis Vinefera.

Die Ring of Rocks 2018 het 90 punte gekry. Boplaas het n uitstekend­e jaar met toekenning­s en die 2017 Reserve Port het onlangs die trofee as Beste SA Port by Old Mutual gekry.

Boplaas spog ook met vyf goue medaljes en is as ‘n klaswenner vir port by die SA Jongwynsko­u aanwys.

 ??  ?? Marguax Nel by Boplaas Landgoed se 2021-kampioenwy­ne.
Marguax Nel by Boplaas Landgoed se 2021-kampioenwy­ne.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa