Oudtshoorn Courant

Struisie pronk in akademie en sport

-

Verskeie leerders van Hoërskool Oudtshoorn het onlangs op sport en akademiese vlak uitgeblink.

Audan Olivier is gekies vir die o.18 Rebels Franchise-hokkiespan waar hulle vyfde in die toernooi geëindig het. Edward Dalton is as Marquee-speler by die Heat Franchise behou. Hy speel tans vir die o.14-Heatspan en is een van twee spelers wat in die o.14 Heatspan behou is. Dalton is ook twee keer as speler van die wedstryd aangewys terwyl sy span algeheel derde in die toernooi geëindig het. Albei spelers ding mee in die Cape Town Hockey Premier League wat in die Julievakan­sie gehou is en oor vier dae gestrek het. Patricia Esterer is op haar beurt vir die SA Interpro o.19tennissp­an gekies.

Sarah-Jane Lewis het ‘n goue medalje by die SA Elite kampioensk­appe vir karate verwerf. Sy is genooi na die UFAK toernooi in Egipte waar sy SA in die Cadet – 45kg afdeling sal verteenwoo­rdig.

In swem het Ninke Griffioen en Jada Coetzee verskeie medaljes (goud, silwer- en bronsmedal­jes) op nasionale vlak (2) gewen.

Op akademiese vlak het Lienke le Roux ‘n algehele 9de plek by die SA Nasionale Taalbondek­samen vir seniors behaal. Zenobia Kemoetie het in die Nasionale Engelse Taal Olimpiade ‘n 19de plek verwerf.

Dannelle Titus het die algehele 16de posisie in drama tydens die nasionale kompetisie behaal.

 ??  ?? Wian Lotter, ‘n leerder by Hoër Volkskool, is in die Oostelike Provinsie se boogskiets­pan opgeneem wat op 24 September in Uitenhage aan ‘n interprovi­nsiale toernooi gaan deelneem. Hy word sedert Maart vanjaar deur Beyers en Carol Cronjé afgerig en sy toewyding en die ekstra oefeninge het voorwaar vir hom vrugte afgewerp.
Wian Lotter, ‘n leerder by Hoër Volkskool, is in die Oostelike Provinsie se boogskiets­pan opgeneem wat op 24 September in Uitenhage aan ‘n interprovi­nsiale toernooi gaan deelneem. Hy word sedert Maart vanjaar deur Beyers en Carol Cronjé afgerig en sy toewyding en die ekstra oefeninge het voorwaar vir hom vrugte afgewerp.
 ??  ?? Sarah-Jane Lewis
Sarah-Jane Lewis
 ??  ?? Audan Olivier
Audan Olivier
 ??  ?? Patricia Esterer
Patricia Esterer

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa