Oudtshoorn Courant

KKNK-stigtersli­d oorlede

- MARLENE MALAN

Die dramaturg en digter Pieter Fourie, wat Sondagaand in die ouderdom van 81 in sy huis op Onrus gesterf het, se ikoniese dramas sal in die Afrikaanse letterkund­e bly voortleef, terwyl hy in sy drie digbundels getoon het dat hy ’n meester was van die kort, klinkende vers.

So sê sy goeie vriend, die digter Daniel Hugo, wat hom twee dae voor sy dood besoek het “en vir oulaas saam met hom ’n whisky gedrink het”.

Fourie, een van die stigters van die KKNK, is begin September met maagkanker gediagnose­er, maar hy het ook die afgelope tyd hart- en longproble­me ontwikkel.

Hy het in 2017 as digter met Knapsekêre­ls gedebuteer, in 2018 het Bidsnoer verskyn en in 2019 Stof en ster.

Hugo was redakteur van dié drie bundels en Fourie se vrou, Maletta, het vir die kunswerk op die voorblad van Bidsnoer gesorg.

“Sy gedigte is inventaris­se en inkantasie­s wat enersyds die nostalgie na ’n vervloë platteland­se wêreld met sy lief en leed oproep, en andersyds die ellende van moderne plakkerska­mpe onthutsend verwoord,” skryf Hugo op dié bundel se agterblad.

Dis egter Fourie se dramas wat hom een van Afrikaans se grootste name in die teaterbedr­yf besorg het: Faan se trein en Faan se stasie, Ek, Anna van Wyk, Koggelmand­erman, Die koggelaar en Die joiner. In 2003 het hy die Hertzogpry­s vir sy hele drama-oeuvre ontvang.

Benewens Maletta laat Fourie ook sy vier dogters, Tanya en Mashinka, Natasha en Nandi agter, asook sy stiefdogte­r, Sonja.

Geen begrafnisr­eëlings is nog bekend nie.

 ?? Foto: Marlene Malan ?? Pieter en Maletta Fourie op pad KKNK toe oor die Swartbergp­as, met die Klein-Karoo in die agtergrond.
Foto: Marlene Malan Pieter en Maletta Fourie op pad KKNK toe oor die Swartbergp­as, met die Klein-Karoo in die agtergrond.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa