Oudtshoorn Courant

Vegter reg vir die onbekende

- HUGO REDELINGHU­YS

“Ek is moeg - ek gaan nou.”

Dit was die woorde van ‘n vegter, gereed vir die onbekende, wat Saterdag op ‘n troosdiens vir die ontslape Pieter (Penn) Willem Koeberg aan die begrafnisg­angers oorvertel is. Penn is op Donderdag 9 September ná ‘n stryd teen kanker oorlede. Hy was 55.

Verskeie aangrypend­e huldeblyke en staaltjies is tydens die diens, gelei deur eerwaarde Chris Nissen van die Suid-Afrikaanse Menseregte­kommissie, gelewer.

Penn is op 12 Maart 1966 in Graaff-Reinet gebore, ‘n “kind van die lokasie.” Hy het gr. 6 en 7 aan Spandau Sekondêr geslaag en sy matriekjaa­r in 1985 op Uitenhage voltooi.

In 1986 word hy opgelei as telefoonte­gnikus, maar bedank as gevolg van die erge diskrimine­ring van apartheid. Van 19881990 werk hy as verpleër by die Midlandsho­spitaal in Graaff-Reinet en tussen 19911997 word hy National Education, Health, and Allied Workers’ Union (NEHAWU) se werkplekve­rteenwoord­iger by die Santahospi­taal. In dieselfde jaar tree hy met Ellen Buys in die huwelik. Sy lewensfilo­sofie het hy gebaseer op Mattheus 25:40:”Vir sover julle dit gedoen het aan een van My, het julle dit aan My gedoen.”

Politieke loopbaan

Penn het diep spore getrap in die politiek as, onder andere, ANC-takvoorsit­ter en substreeks­ekretaris, CMC-lid en as BEC-lid.

Hy bedank as verpleër in 1997 en word van 1998-2015 ingespan as voltydse organiseer­der vir NEHAWU waar hy gou naam gemaak het as ‘n uitmuntend­e organiseer­der. Hy was ‘n natuurlik leier en puik mentor en het elke opgelegde taak nougeset uitgevoer. Hy was ook raadslid van die Dr Beyers Naudémunis­ipaliteit in 2016.

Familie

Penn was die gom wat sy familie geanker het. Hy was vir hulle alles in een mens saamgevat: skerp intellek, briljant, ‘n drukstok en steunpilaa­r, subtiel en onselfsugt­ig, vrye denker en iemand wat onderhoude­nd oor die politiek kon gesels.

Een van sy gunsteling­verse uit die Bybel (Johannes) het hom in sy daaglikse handel en wandel gelei: “Neem die steen weg.” Penn het daarna gestreef om die steen van rassisme, korrupsie, afguns en seksisme af te breek.

Nou sit die nederige en geliefde vegter sy stryd voort in die onbekende.

 ?? Foto’s: Neco Bokwe ?? Eerwaarde Chris Nissen van die Suid-Afrikaanse Menseregte­kommissie (regs) bid by die grafsteen van die ontslape Penn Koeberg tydens sy begrafnis verlede Saterdag.
Foto’s: Neco Bokwe Eerwaarde Chris Nissen van die Suid-Afrikaanse Menseregte­kommissie (regs) bid by die grafsteen van die ontslape Penn Koeberg tydens sy begrafnis verlede Saterdag.
 ?? ?? Ellen (middel), weduwee van Penn Koeberg, luister aandagtig na die diens tydens sy begrafnis.
Ellen (middel), weduwee van Penn Koeberg, luister aandagtig na die diens tydens sy begrafnis.
 ?? ?? Penn Koeberg se dogter, Demi Campbell (tweede van links) lewer ‘n roerende huldeblyk aan haar ontslape vader tydens sy roudiens met haar susters wat haar ondersteun. Van links is Merische, Demi, Damion en Derelle Koeberg.
Penn Koeberg se dogter, Demi Campbell (tweede van links) lewer ‘n roerende huldeblyk aan haar ontslape vader tydens sy roudiens met haar susters wat haar ondersteun. Van links is Merische, Demi, Damion en Derelle Koeberg.
 ?? ?? Penn Koeberg was ‘n voltydse organiseer­der van die National Education, Health, and Allied Workers’ Union (NEHAWU).
Penn Koeberg was ‘n voltydse organiseer­der van die National Education, Health, and Allied Workers’ Union (NEHAWU).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa