Oudtshoorn Courant

De Krans spog weer

-

CALITZDORP - Die span van De Krans-wynkelder het vanjaar weer op verskeie vlakke bewys dat hulle wyn en port van die beste in die land is.

Hulle port is by die SA Jongwynsko­u 2021 as die SA kampioenpo­rt aangewys en De Krans se Cape Vintage Reserve Port 2017 is as beste port by die Terroir Awards 2021 aangewys. Hulle Cape Vintage Reserve Port 2019 het 95 punte by Tim Atkin, Britse wynmeester, verdien.

Nog twee van De Krans se wyne het Atkin beïndruk. Die De Krans Verdelho 2020 en die Garden Route Sauvignon Blanc 2021 het onderskeid­elik 92 en 90 punte verdien.

De Krans se Pinotage Rosé 2021 het vir die vierde opeenvolge­nde jaar ‘n dubbelgoue medalje by die Rosé Rockskompe­tisie verdien.

 ?? Foto verskaf ?? De Krans se wynmaker Christoff de Wet, met die trofee as SA portkampio­en by die Jongwynsko­u 2021.
Foto verskaf De Krans se wynmaker Christoff de Wet, met die trofee as SA portkampio­en by die Jongwynsko­u 2021.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa