Oudtshoorn Courant

Vrywillige­rs spring in om omgewing op te ruim

-

Inwoners van De Rust en Dysselsdor­p het by Trapsuutji­es, Oudtshoorn se “groen” nie-winsgewend­e organisasi­e, ingeskakel om hulle omgewing op te ruim.

Die opruiming was deel van Trapsuutji­es se betrokkenh­eid by die jaarlikse Internatio­nal Coastal Clean-up (ICC) wat in Suid-Afrika deur Plastics SA gekoördine­er word. Trapsuutji­es hou ook maandeliks ‘n #trashtag-projek waar inwoners genooi word om ‘n geïdentifi­seerde area te help skoonmaak.

Met vanjaar se ICC-projek is twee areas geïdentifi­seer. Die een was in Dysselsdor­p in samewerkin­g met jeugleiers Chad Louw en Dullan Claassen en die ander in De Rust in samewerkin­g met De Rust Primêr. By Donkerhoek in Dysselsdor­p het 53 mense, waarvan talle kinders was, saamgespan om 153 sakke gemors op te tel.

In De Rust het 44 leerders en 10 volwassene­s genoeg rommel opgetel om 23 swart sakke te vul.

As deel van die ICC-etos is data bymekaarge­maak oor die tipe items wat opgetel is en volgens Susan Botha, van Trapsuutji­es, is die hoeveelhei­d verpakking­s vir wegneemete­s, plastiek- en papierbord­e, en babadoeke wat mense in die natuur weggooi, verstommen­d.

“Ons is so dankbaar vir elkeen wat moue opgerol het en ‘n bydrae gelewer het sodat ‘n paar natuurlike areas bietjie skoner is,” sê Samantha Lewis, een van Trapsuutji­es se ICC-organiseer­ders. “Ons groot wens is net dat mense sal ophou mors!”

Trapsuutji­es het onlangs die eer te beurt geval om ‘n Caroline Reid-toekenning te ontvang, wat gegee word aan individue of instansies wat aktief help om riviere en die natuur te beskerm.

As jy wil betrokke raak by Trapsuutji­es se maandeliks­e #trashtag, kontak Samantha by carolinel7­56@gmail.com of 065 801 4810.

 ?? ?? Vrywillige­rs in die veld naby Dysselsdor­p.
Vrywillige­rs in die veld naby Dysselsdor­p.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa