Oudtshoorn Courant

Fritz Meissner 190’s-wenners

- GARNETT WICOMB

Die spanne van Helgard Muller en Karin Deltenre is in die A-afdeling amptelik as die 2021 Fritz Meissner 190’s-kampioene gekroon nadat hulle die span van Debbie Hyde in die eindstryd Saterdag op die bane van die Wesbank-tennisklub en Langenhove­n Gimnasium geklop het. Voor die aanvang van die eindstryd het die kampioene reeds genoeg punte in die vorige rondes opgestapel om as wenner van die toernooi aangewys te word.

In die B-afdeling was dit die span van Robyn Smuts wat die vrouetoern­ooi gewen het met hul oorwinning oor die span van Helena Haasbroek.

Die span van Kowie Pretorius het die mansafdeli­ng gewen met die span van Louis du Preez in die tweede plek.

Danie Gildenhuys en sy span het die 240+-afdeling gewen wat vanjaar vir die eerste keer deel was van dié gewilde spankompet­isie van die Edentennis­vereniging. Altesaam 26 spanne gelykstaan­de aan 104 spelers het vanjaar deelgeneem. Die voorsitter van Edentennis­vereniging, Debra Hyde, het die spelers geprys vir hul opoffering en sportmange­es wat deurentyd geheers het.

 ?? ?? The Academy team just before kick-off time.
The Academy team just before kick-off time.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa