Oudtshoorn Courant

Speke sing by Highgate

- WYNDHAM EWERTS

Die speke het die afgelope naweek behoorlik gesing by Fietsry Suid-Afrika se jeug- en transforma­sieontwikk­elingsfees wat vanaf Saterdagog­gend by Highgate-volstruisp­laas plaasgevin­d het. Die tydtoetse het dié oggend 08:00 weggesprin­g met die padwedrenn­e wat om 14:00 die middag gevolg het. Die bergfietsr­yers het Sondagogge­nd 08:00 weggesprin­g. Die prysuitdel­ing het na hierdie wedren gevolg.

Bykans 150 fietsryers van Eden, Wynlande, Overberg, Wes-Kus en Sentraal-Karoo het deelgeneem.

Volgens Corné Bence, ‘n organiseer­der, is die wedrenne gehou ter voorbereid­ing van die SA toernooi wat einde September begin. Dr. Lyndon Bouah van die Wes-Kaapse departemen­t van sport en kultuursak­e was een van die hooggeplaa­stes wat die fees bygewoon het.

Punte behaal deur streke:

Eden - 678 punte Wynlande - 103 punte Kaapse Metro - 101 punte

 ?? Foto’s: Wyndham Ewerts ?? Die speke het behoorlik gesing by Highgate-volstruisp­laas. INLAS: Fietsryers wag geduldig vir die afsitter.
Foto’s: Wyndham Ewerts Die speke het behoorlik gesing by Highgate-volstruisp­laas. INLAS: Fietsryers wag geduldig vir die afsitter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa