Oudtshoorn Courant

WKOD maak stem dik oor Môrester

- WYNDHAM EWERTS

"Die departemen­tshoof van die Wes-Kaapse onderwysde­partement (WKOD) is die gedelegeer­de gesag om die finale besluit oor die aanstellin­g van skoolhoofd­e te neem, nie die beheerligg­aam nie.

So het die WKOD gereageer op 'n navraag nadat Môrester Sekondêr se beheerligg­aam verlede Vrydag 1 Augustus besluit het om die skool se deure tot die volgende Maandag te sluit.

Die beheerligg­aam se drastiese optrede volg nadat die skool se waarnemend­e skoolhoof, Frank Williams, se aansoek om oor te neem as permanente skoolhoof, deur die departemen­t van onderwys (WKOD) afgekeur is. Volgens 'n e-pos van die departemen­t is Williams se aansoek oorweeg, maar is dit afgekeur weens die resultate van sy CBA (psigometri­ese toets).

Volgens Jan Plaatjies, voorsitter van die skool se beheerligg­aam, is die psigometri­ese toets nie deel van die vereistes van die pos nie en is dit aanbeveel deur 'n maatskappy wat nie deel is van die skool se strukture nie.

Plaatjies sê verder dat Williams vir die afgelope jaar en 'n half lank reeds die waarnemend­e skoolhoof is en dat hy tot op hede nie 'n voet verkeerd gesit het nie.

"Inteendeel, toe Williams oorneem kon mens sien dat daar ware leierskap in die skool was. Voorheen was die skool disfunksio­neel. Matrikulan­te het ewe skielik hoër slaagsyfer­s behaal en leerders het op alle vlakke hul ware potensiaal begin wys. Ook die moraal van die leerkragte was op 'n ongekende vlak."

Talle ouers was Maandag by die skool om Williams te ondersteun.

"Ons soek 'n hoof wat 'n pad saam met ons kinders kan stap en wat die nodige wysheid het hoe om met ons kinders te deal. “Williams het ons skool weer die nodige glans kom gee wat afwesig was die afgelope paar jare. Nou wil die WKOD sy harde werk kom ongedaan maak oor 'n simpel psigometri­ese toets. Hoe kan jy goed genoeg wees om vir amper twee jaar waar te neem, maar jy is nie geskik vir die pos nie?" wou 'n ontstelde ouer weet.

Uitkoms van vergaderin­g

Die WKOD het Maandag tydens 'n vergaderin­g met die beheerligg­aam en leerkragte by die skool gesê dat hul voorneme is om Williams weer as waarnemend­e skoolhoof tot 31 Desember 2022 aan te stel. Williams, wat sedert 1994 by Môrester skoolhou, het egter hierdie versoek van die hand gewys.

Die WKOD het Belinda Muller, adjunkhoof, gevra om waar te neem totdat die departemen­t 'n kuratorhoo­f aanstel.

Muller het ingestem, maar dit duidelik gemaak dat sy ter wille van die leerders slegs vir een dag (Dinsdag) sal waarneem totdat die kuratorhoo­f oorneem (Woensdag) soos beloof deur die departemen­t. Muller tree oor 'n maand af nadat sy reeds sedert 1985 by die skool is. Teen druktyd Woensdag (gister) was daar nog geen duidelik oor die aanstellin­g nie. Daar is egter vergaderin­gs vir gister en vandag beplan.

 ?? Foto’s: Wyndham Ewerts ?? Talle ouers was Maandag by die skool om hul steun aan Williams toe te sê.
Foto’s: Wyndham Ewerts Talle ouers was Maandag by die skool om hul steun aan Williams toe te sê.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa