Oudtshoorn Courant

PA-burgemeest­er sluit aan by DA

- MARLENE MALAN

PRINS ALBERT - Integritei­t, beginsels, eerlike besluite, sowel as die belange van haar dorp en haar gemeenskap: Dis waarom die burgemeest­er van Prins Albert, Margy Jaftha, pas by die DA aangesluit het nadat sy haar jare lange belange by en ondersteun­ing van die Karoo Gemeenskap­sparty (KGP) verbreek het.

Jaftha het aangekondi­g dat sy as DAkandidaa­t haar posisie in wyk 4 van die dorp gaan verdedig in ’n tussenverk­iesing op 14 September as gevolg van die vakature wat nou hier weens haar ontslag uit die KGP ontstaan het. Sy het die wyk in November verlede jaar vir die KGP gewen en is daarna as burgemeest­er aangewys, toe dié party ’n koalisie met die ANC en PA in die munisipale raad van sewe gesluit het. Die koalisie, bestaande uit vier lede, het dus die dorp geregeer totdat Jaftha ’n paar maande gelede die drie DA-lede in besluite begin steun het, onder meer oor die aanstellin­g van ’n nuwe hoof van finansies vir Prins Albert.

Jaftha is toe sowat twee weke gelede uit die KGP geskop omdat "ek nie ’n mandaat uitgevoer het wat teen my beginsels is nie".

Dié "mandaat" het onder meer gehandel oor die aanstel van die finansiële bestuurder, téén die voorgestel­de keuse van die KGP/ ANC/PA-koalisie.

Die DA het Jaftha die afgelope naweek op ’n perskonfer­ensie as sy kandidaat in die tussenverk­iesing aangekondi­g. Luidens ’n verklaring is sy as uitvoerend­e burgemeest­er aangewys ná die munisipale verkiesing verlede jaar toe sy ’n KGP-lid was. "Haar verhouding met die DA het hier begin, omdat sy die DA se benadering tot skoon regering ondersteun het, sowel as die beginselva­ste manier waarop die DAraadsled­e hul werk benader. In April het sy besluit om haar samewerkin­g met die ANC/PA/KG-alliansie te verbreek en die DA te ondersteun in die party se oorname van die sleutelpos­isies van onderburge­meester en speaker. Maar omdat doeltreffe­nde regering vir haar ’n beginselsa­ak is, het die KGP, met die ondersteun­ing van die PA, die lewe vir haar moeilik gemaak.

"Mevrou Jaftha is ’n mens met integritei­t en ’n passie om die gemeenskap te dien. Sy is ’n gerespekte­erde en vertroude leier in Prins Albert. Ons is vol vertroue dat sy Wyk 4 as kandidaat sal behou en as DA-lid ’n verskil aan inwoners se lewe hier sal maak."

Jaftha sê in ’n verklaring sy is "van die gemeenskap, vír die gemeenskap. My prioriteit­e het nie verander nie. Ek het op 27 Julie besluit om by die DA aan te sluit, nie vroeër soos beweer is nie. My besluit het basies gegaan oor my mense en oor my dorp. Ek is uit die KGP verban omdat ek nie ’n mandaat uitgevoer het wat teen my beginsels is nie. Ek is ’n mens wat met enige party in die raad kan saamwerk, mits dit oor my gemeenskap gaan. Ek is iemand met integritei­t en sal nié verkeerde besluit neem nie. Die DA staan vir gelykheid en geleenthed­e vir almal. Daarom glo ek dat ek ’n pad saam met dié party kan stap aangesien ek reeds saam met sy drie kandidate in die raad gewerk het, al was hulle vroeër my opposisie.

"Die gemeenskap van Wyk 4 het my vanaf 2011 vertrou en hulle kan my nog steeds vertrou, want ek het belowe ek sal nie verander as mens nie - en ek het nie."

 ?? Foto verskaf ?? Van links is: Jaco Londt (provinsial­e voorsitter van die DA, Wes-Kaap), Tertuis Simmers (WesKaap se provinsial­e minister van infrastruk­tuur), Margy Jaftha en Sharna Fernandez (LUR vir maatskapli­ke ontwikkeli­ng).
Foto verskaf Van links is: Jaco Londt (provinsial­e voorsitter van die DA, Wes-Kaap), Tertuis Simmers (WesKaap se provinsial­e minister van infrastruk­tuur), Margy Jaftha en Sharna Fernandez (LUR vir maatskapli­ke ontwikkeli­ng).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa