Oudtshoorn Courant

Geliefde Ma Von oorlede

- WYNDHAM EWERTS

OUDTSHOORN - Ivonne Malgas (71), geliefde inwoner van Oudtshoorn, is verlede week na 'n kort siekbed oorlede. "Ma Von" soos sy ook onder die jeug bekendgest­aan het, het vir meer as 35 jaar lekkernye by haar huis in 7de Laan, Colridge Uitsig, verkoop met veral haar springmiel­ies wat legendarie­s was.

Terwyl Oudtshoorn Courant die onderhoud by haar huis gedoen het, het skoolkinde­rs steeds na "Ma Von" gevra en springmiel­ies gesoek, onwetend dat sy oorlede is.

Volgens een van haar dogters Salomé, het sy sowat drie weke gelede van die Oos-Kaap huis toe gekom om te kom help om haar ma by te staan toe haar siektetoes­tand verswak het.

"Mammie se wens was dat ons reëlings vir haar moet tref vir die ouetehuis. Sy het gevoel dat sy daar 24/7 mediese sorg sal kry vir haar toestand. Sy was 'n baie trotse vrou wat nooit niks van haar kinders verwag het nie, alhoewel sy die wêreld vir ons beteken het."

Salomé het haar ma as 'n mense-mens beskryf wat altyd omgegee het vir ander. "Sy is die barmhartig­e tipe wat letterlik haar laaste vir haar medemens sal gee maak nie saak of sy jou ken of nie. Haar woorde was altyd: “Ons moet mekaar help, want op ’n ander dag seën die Here jou wanneer jy dit die minste verwag.” Met haar kon jy ook nie dorp toe gaan nie anders sou jy vyf ure daar spandeer, want die hele wêreld het haar geken en almal het met haar geselsies aangeknoop," het Salomé geskerts.

Malgas word oorleef deur haar seun Sheldon en drie dogters Denise, Ernelee en Salomé met tien kleinkinde­rs en vier agterklein­kinders. Sy laat ook twee skoonseuns en een skoondogte­r agter.

Die begrafnis is 11:00 komende Saterdag by die huis en 12:00 by die AGS-kerk.

 ?? Foto verskaf ?? Ivonne Malgas.
Foto verskaf Ivonne Malgas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa