Oudtshoorn Courant

Drie van Kannaland geskors

- DEON MEYER

LADISMITH - Inwoners van Kannaland het Vrydag 29 Julie voor die stadsaal saamgedrom om die raadsverga­dering by te woon waar drie Icosa-raadslede, Jeffrey Donson (partyleier), Hyrin Ruiters en Werner Meshoa deur die raad geskors is.

Volgens ‘n verslag van die speaker van die raad, Rodge Albertus, sou die drie genoemde raadslede hulle skuldig gemaak het aan verkwisten­de besteding van openbare fondse.

Donson het die skorsing van hom en die ander twee raadslede as ‘n “boendoetip­e verhoor” beskou en dit as onwettig bestempel omdat daar nie sekere prosesse gevolg is nie. Die skorsing van die raadslede is egter onderhewig aan goedkeurin­g van die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, omgewingsa­ke en ontwikkeli­ngsbeplann­ing, Anton Bredell.

Die speaker

Albertus het ook vroeër Vrydagogge­nd, voor die raadsverga­dering begin het, in ‘n tugverhoor van sy party, KIP, in die klubhuis van die plaaslike gholfklub verskyn.

Albertus het vroeër in ‘n onderhoud met Oudtshoorn Courant genoem dat hy siekbriewe van sy dokter ingedien het en nie sy verhoor kon bywoon nie.

Gerdswin Breda, sekretaris-generaal van KIP, het hy gesê: “Albertus is deur sy party geskors en sy lidmaatska­p is beëindig nadat hy sy verhoor ontwrig het met siekbriewe.”

Albertus het egter na bewering ook Vrydag ’n medelid van sy party, Donovan Januarie, aangerand. Januarie het ’n aanranding­sklag by die Ladismith-polisie teen Albertus ingedien.

Kapt. Malcolm Pojie, Suid-Kaapse polisiewoo­rdvoerder, het gesê dat die Ladismith-polisie twee aanklagte van aanranding ondersoek.

“Die betrokke persone het na bewering by die gholfklub opgedaag waar Albertus se verhoor sou plaasvind. Hy het glo met die voorsitter van die verhoor gesels en na bewering opgedraai en die klaer sonder rede voor die bors gestamp en weggehardl­oop. Die verdagte het ook later ‘n teensaak van aanranding gemaak. Volgens hom het lede van ‘n politieke party hom met klippe gejaag met die doel om hom aan te rand. Ondersoek aan beide sake duur voort.”

 ?? ?? Rodge Albertus (links), en die waarnemend­e munisipale bestuurder, Ian Avontuur.
Rodge Albertus (links), en die waarnemend­e munisipale bestuurder, Ian Avontuur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa