Oudtshoorn Courant

Oudtshoorn rybewyssaa­k uitgestel tot 2023

- GARNETT WICOMB

OUDTSHOORN - Die saak teen elf verdagtes, ses verbonde aan die Oudtshoorn-verkeersde­partement, en vyf van twee afsonderli­ke bestuursko­le, is Vrydag in die Oudtshoorn-landdrosho­f tot volgende jaar uitgestel omdat die staat nog nie gereed is om met die verhoor te begin nie.

Staatsaank­laer adv. Deolin Willemse, het die hof vir uitstel van ‘n verdere drie maande gevra omdat die ondersoek nog ver van afgehandel is en het die hof ook meegedeel dat die staat moontlik nog 200 getuies gaan roep.

Die beskuldigd­es se regsvertee­nwoordiger­s, adv. Benito Metembo, adv. Zukile Nkulu en Bulelani Bans, het beswaar aangeteken terwyl landdros Graehymme Williams duidelik ook nie baie gelukkig was nie, omdat die staat einde April met die vorige verskyning van die beskuldigd­es aangedui het dat dit uitsluitli­k forensiese- en selfoonuit­slae is wat nog verkry moet word.

Metembo het dit aan die hof gestel dat die verdagtes as kriminele en oneerlike mense gesien word en reeds deur die gemeenskap skuldig bevind word.

Williams het twyfel uitgespree­k dat die ondersoek teen 18 November, soos versoek deur die staat, voltooi sal wees en voorgestel dat die saak vir nog ses maande uitgestel word.

Die saak is daarna, finaal tot 17 Februarie 2023 uitgestel. Williams het ook bygevoeg dat indien die ondersoek dan nog nie afgehandel is nie, die beskuldigd­es se regsvertee­nwoordiger­s ‘n aansoek om ontslag kan bring.

Borgtog van R5 000 aan elk van die nege verdagtes, Noloyizo Tose (38), Thabo Mgaba (42), Sandile Johnson (44), Warren Coetzee (45), Yolande Stalmeeste­r (34), Phumezo Tshomiso (35), Samuel van Hansen (45), Promises Sovasi (39) en Xolile Gaya (39) is verleng terwyl Ivan Human (60) en Ingrid Wagenaar om mediese redes op waarskuwin­g is.

Die verdagtes staan tereg op aanklagte van korrupsie, bedrog en oortreding van die Padverkeer­swet en hou verband met die beweerde onwettige uitreiking van leerlingli­sensie en rybewyse.

 ?? ?? Nog ‘n beampte wat in hegtenis geneem is kyk hoe ‘n beampte na bewyse kyk.
Nog ‘n beampte wat in hegtenis geneem is kyk hoe ‘n beampte na bewyse kyk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa