Oudtshoorn Courant

Mediclinic Klein Karoo reik uit na Nomondé-kleutersko­ol in Bongolethu

- SONIA WAHL

OUDTSHOORN - Verskeie personeell­ede van Mediclinic Klein Karoo het op Mandeladag die speelterre­in van Nomondékle­uterskool gaan herstel en opkikker. Hierdie is een van Mediclinic se vele projekte wat hulle vir dié jaar beplan, en omdat tyd vir almal kosbaar is, het Mediclinic Klein Karoo se bestuurspa­n besluit om nie iets te gaan koop en te skenk nie, maar om fisies hulle 67-minute vir Mandeladag aan die opknap van die kleutersko­ol se speelterre­in te spandeer.

“Dit verg meer van jou om jou tyd te gee, as om iets te gaan koop en te skenk, het Hannes Stegmann, Mediclinic Klein Karoo se hospitaalb­estuurder, gesê.

Hoe het Mediclinic Klein Karoo betrokke geraak?

Ons het besef dat ons hierdie jaar self na die gemeenskap wil uitreik, vertel Stegmann.

“Ons het begin rondvra waar ons betrokke kan raak. Daar is so baie geleenthed­e, maar ons wou iemand in die hospitaal kry wat vir ons kon aandui waar daar in hulle gemeenskap ‘n behoefte is. Dit is meer spesiaal as jou personeel aandui waar ons as hospitaal betrokke kan raak.”

Margo McGear, eenheid administra­tiewe assistent van Mediclinic Klein Karoo, het aan die bestuurspe­rsoneel genoem dat haar vriendin die bestuurder van Nomondékle­uterskool in Bongolethu is en dat daar ‘n groot behoefte is om die speelterre­in op te knap.

Ses personeell­ede van die hospitaal het op Mandeladag ingespring met skuurpapie­r en helderkleu­rige verf en binne ses ure die speelterre­in in ‘n kinderpara­dys verander. Die swaaie en gedeeltes van die klimrame is deur Flippie Wiese vervang. Na die tyd is die speelterre­in met ‘n valkoog gefynkam en is elke skroef, spyker en draad verwyder om die kleuters die volgende dag terug te verwelkom.

Plan vorentoe vir Nomondé-kleutersko­ol Stegmann het agtergekom dat die kleutersko­ol geen finansieri­ng van die staat ontvang nie, en het op navraag besef dat die dak en bedrading nie op die staat se standaard is om te kwalifisee­r vir finansiern­ig nie.

Mediclinic Klein Karoo sal voortaan die Nomondé-kleutersko­ol bystaan om te registreer by die departemen­t van sosiale ontwikkeli­ng om sodoende die nodige finansieri­ng te bekom om na die 56 kinders om te sien.

Dié hospitaal se tegniese toesighoue­r, David Fourie, het die NG kerk Oudtshoorn­Wes genader, en hulp is aangebied met die vervanging van die dak.

“Meeste materiaal is ontvang, ons is nou net op soek na mense met kundigheid om die dak op te rig,” vertel Stegmann. “Wat die elektrisit­eit betref gaan ons die hospitaal se elektrisië­n gebruik om die bedrading te vervang.

Inwy van die nuwe speelterre­in

Om die nuwe speelterre­in te vier, beplan die hospitaal om op 5 Augustus die kleuters met ‘n heerlike ete te bederf.

Indien daar van die publiek is wat voel dat hulle op enige manier betrokke wil raak by Nomondékle­uterskool, is hulle welkom om

Hannes Stegmann by 044 272 0111 te skakel.

 ?? ?? REGS: Hier gaan twee kleuters darem heerlik speel.
Die personeel toets die swaaie se kwaliteit.
REGS: Hier gaan twee kleuters darem heerlik speel. Die personeel toets die swaaie se kwaliteit.
 ?? Foto’s: Sonia Wahl ?? Bo links is Andrie Wiese (verpleegbe­stuurder) en Sanet van Meersberge­n (dokter verhouding­sbestuurde­r). Voor links is Hannes Stefmann (hospitaalb­estuurder), Herculine Vermaak (menslike hulpbronbe­stuurder vir die bemagtigin­g van besigheids­werknemers), Margo McGear (eenheid administra­tiewe assistent en Sandi Wicomb (spysenieri­ng toesighoue­r).
Foto’s: Sonia Wahl Bo links is Andrie Wiese (verpleegbe­stuurder) en Sanet van Meersberge­n (dokter verhouding­sbestuurde­r). Voor links is Hannes Stefmann (hospitaalb­estuurder), Herculine Vermaak (menslike hulpbronbe­stuurder vir die bemagtigin­g van besigheids­werknemers), Margo McGear (eenheid administra­tiewe assistent en Sandi Wicomb (spysenieri­ng toesighoue­r).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa