Oudtshoorn Courant

Memorial Coronation­versorging­soord

- SONIA WAHL

OUDTSHOORN - Coronation Memorialve­rsorgingso­ord vir bejaardes het onlangs twee nuwe personeell­ede, sr. Vanessa Jaftha (40), nuwe bestuurder van dié oord en sr. Elaine Wagenaar, verwelkom.

Jaftha is ‘n geregistre­erde verpleegst­er en haar visie vir die oord is om ‘n veilige en gelukkige omgewing vir die inwoners sowel as haar personeel te skep, om sodoende goeie gehalte versorging aan die bejaardes te verskaf, en sy vertel entoesiast­ies dat sy hierdie dienste wil lewer deur kwaliteit diens te lewer.

Deloris Wewers, wat ook onlangs as mentor aangestel is, se hooftaak is om leiding, advies en ondersteun­ing aan die bestuur en personeel te bied, om te verseker dat die besluite wat geneem word na die beste belange en behoeftes van die inwoners omsien.

“Ons moet die regte van ons bejaardes respekteer en eer,” het Wewers gesê.

Inwoners se verjaarsda­e

Jaftha voel dat die inwoners gelukkig moet wees en reël gereeld op spesiale dae soos verjaarsda­e klein funksies.

“Verjaarsda­e hier by ons is baie belangrik, en die inwoners ontvang ‘n klein Bybel om die dag spesiaal te maak.”

Jaftha het ook ‘n projek begin waar die publiek betrokke kan raak deur ‘n inwoner op dié spesiale dag te bederf en nooi die publiek uit om haar te kontak indien hulle betrokke wil raak.

Donasiereg­ister

Dié versorging­soord is ‘n geregistre­erde nie-winsgewend­e organisasi­e, en verskeie instansies het op Mandeladag en oor die afgelope paar maande skenkings en donasies by die oord afgelewer.

“Ons het oor die afgelope paar maande ongeloofli­ke donasies ontvang, waarvoor ons elkeen hartlik wil bedank.”

Volgens Jaftha word elke donasie wat afgelewer word in ‘n register opgeteken en ontvang die skenker ‘n bedankings­brief as waardering.

“Ons het ‘n register waarin ons al die donasies vir ouditdoele­indes neerskryf.”

Volgens Ferdinad Hector, voorsitter van die oord, is daar ‘n positiewe luim wat heers en sien hy daarna uit om deel te wees van die nuwe span.

Jaftha het groot drome vir die oord, en vertel baie opgewonde dat sy die oord se volle potensiaal wil benut en graag elke bed in die oord wil vul. Die publiek kan betrokke raak deur Jaftha by 044 272 2702 te kontak.

 ?? ?? Sr. Vanessa Jaftha (bestuurder van Coronation Memorial-versorging­soord) en Ferdinad Hector (voorsitter van die Coronation Memorialve­rsorgingso­ord).
Sr. Vanessa Jaftha (bestuurder van Coronation Memorial-versorging­soord) en Ferdinad Hector (voorsitter van die Coronation Memorialve­rsorgingso­ord).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa