Oudtshoorn Courant

SWD-vrouerugby­afrigter presteer

- WYNDHAM EWERTS

Gebore Oudtshoorn­iet, Elize Arendse, het die afgelope naweek haar dorp se vlag hoog laat wapper toe sy in haar eerste seisoen as vrouehoofa­frigter van die SWD Eagirls, die Eerste Divisie-toernooi teen die Leeuperds in Potchefstr­oom oortuigend met 36 - 14 gewen het. Die halftydtel­ling was 12 - 7 in

Eagirls se guns. Arendse vertel dat haar span regdeur die toernooi besondere karakter getoon het om hoogaanges­krewe spanne van oor die land kaf te draf op pad na die eindstryd.

Vir die Eagirls het Amy Kay Claassen (slot), Tanya Scholts (flank), Nicolene Barends (vleuel) en Antonicia Hannies (heelagter) elk een drie gedruk terwyl Amanda Klaassen (vleuel) twee keer agter die pale gaan kuier het.

Hannies was ook suksesvol met drie verdoeling­s.

Agtergrond in rugby

Wat Arendse se prestasie as hoofafrigt­er betref, het sy gesê dat as die eerste vroulike hoofafrigt­er van dié span, sy baie uitdagings in die gesig gestaar het.

"As ek nou terugdink besef ek dat my jare lange ervaring as rugbyspele­r deurslagge­wend was om elke uitdaging met oorgawe en selfvertro­ue aan te pak. Die grootste ding wat ek van die span opgelet het, is dat ons mekaar ondersteun het in verskillen­de areas, maak nie saak hoe groot of klein die situasie was nie. Ek het ook altyd leiding van ons Hemelse Vader gevra en dit is die grootste wapen wat ons as 'n span in moeilike tye as 'n eenheid bymekaar gehou het," het sy gesê. Arendse sê dat haar broers en pa rugbyspele­rs sowel as groot rugbyonder­steuners is en vandaar haar liefde vir rugby.

"My rugbyloopb­aan het destyds in 2000 by All Blacks-rugbyklub begin. Daarna het ek in 2012 begin afrig waarna ek in 2015 my groot deurbraak by die SWD Juniors as hulpafrigt­er gekry het. In 2021 word ek hulpafrigt­er by die senior-vrouespan totdat ek vanjaar met hoofafrigt­erpos toevertrou is. My raad aan elke jongmens daarbuite is om jou passie te volg en nie op te gee op jou drome nie, want niks is onmoontlik as jy aanhou glo nie."

 ?? Foto: SA Rugby ?? Die seevierend­e SWD Eagirls.
Foto: SA Rugby Die seevierend­e SWD Eagirls.
 ?? ??
 ?? Foto’s verskaf ?? Elize Arende.
Foto’s verskaf Elize Arende.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa