Oudtshoorn Courant

Tawwe wen vir Bridgton

- WYNDHAM EWERTS

Bridgton se A-span moes verlede Saterdag harde bene kou om 'n hardnekkig­e Blanco van George naelskraap met 9 - 3 in 'n SWD Super A-ligawedstr­yd by die Oudtshoorn­sportterre­in te wen. Oudtshoorn se enigste verteenwoo­rdigende span in dié elite liga is die afgelope ruk onder groot druk nadat hulle reeds nege keer die seisoen verloor het en slegs 'n wiskundige kans het om die halfeindro­ndes te haal.

Alhoewel die manne in maroen met groot ywer gespeel het, kon hulle nie daarin slaag om 'n enkele drie te druk nie en was die wedstryd grotendeel­s gekenmerk deur talle hanteerfou­te wat beide spanne op die aanval gekniehalt­er het.

So is die eerste helfte ook afgesluit met Bridgton wat met slegs 3 - 0 voorgeloop het na 'n hoogvat-strafskop op die kwartgebie­d wat deur Anver Venter (senter) oorgeskop is. Blanco het met die aanvang van die tweede helfte dadelik teruggesla­an en ook van die kwartgebie­d 'n strafskop oorgeklits wat die telling op drie punte elk gebring het. Venter was kort daarna weer suksesvol met 'n strafskop vlak oor die pale om die drie punte verskil te herstel.

Ofskoon Blanco se swaarder pak voorspeler­s gereeld voorvoetba­l gekry het, kon hulle net nie Bridgton se verdedigin­g binnedring nie; selfs nie toe die einste Venter met 'n geelkaart vir 'n hoogvat gestraf is nie.

In die 10-minute periode wat Venter afwesig was, kon Blanco nie van die gulde geleenthei­d gebruik maak om die numeriese verskil uit te buit nie. In hierdie verband moet Bridgton 'n pluimpie gegee word vir die blitsvinni­ge organiseri­ng van hul verdedigin­gstrukture om te verhoed dat Blanco 'n waardevoll­e drie in 'n laetelling­wedstryd druk.

Ironies genoeg toe Venter se 10 minute in die sinbin verstreke was, het hy dadelik 'n monsterstr­afskop van bykans vanaf halflyn oorgeskop wat ook die laaste punte van die wedstryd sou wees. Eindtellin­g 9 - 3.

As dié wedstryd met 'n motorrit vergelyk kan word, is dit veilig om te sê dat dit nooit uit derde rat gekom het nie; maar in sportterme bly 'n wen 'n wen; ongeag. Dis duidelik dat harde werk vir Bridgton voorlê veral inaggenome dat gedugte spanne soos Progress, Crusaders, Heidelberg, Eagle Stars en Jaguars nog voorlê.

 ?? Foto: Wyndham Ewerts ?? Anver Venter het al Bridgton se punte met die skopskoen aangeteken.
Foto: Wyndham Ewerts Anver Venter het al Bridgton se punte met die skopskoen aangeteken.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa