Oudtshoorn Courant

DA wil Prins Albert oorneem

- MARLENE MALAN

Die DA in Prins Albert het die afgelope Saterdag geen geheim daarvan gemaak dat hy die munisipale raad met ’n volstrekte meerderhei­d wil oorneem nie. Dit is omdat koalisiebe­stuur onstabilit­eit veroorsaak en selde tot voordeel is van ’n dorp en gemeenskap.

Dit was die boodskap van die speaker van die raad, Stoffel Botes, en die waarnemend­e burgemeest­er, Linda Jaquet (albei DA), aan Anton Bredell, LUR vir plaaslike regering, omgewingsa­ke en ontwikkeli­ngsbeplann­ing, en Sharna Fernandez, LUR vir maatskapli­ke ontwikkeli­ng, wat die dorp Saterdag besoek het.

Volgens Botes was daar, “sedert Prins Albert in 2006 meestal deur partykoali­sies regeer is, onstabilit­eit in die raad. Dit was nie anders sedert die munisipale verkiesing in November verlede jaar nie”.

Die ANC/KGP/PA-koalisie het intussen sy greep op die raad verloor toe Margy Jaftha, tot onlangs KGP-burgemeest­er, uit haar party geskors is omdat sy die DA in bepaalde belangrike besluite ondersteun het. Jaftha moes haar setel (wyk 4), sowel as burgemeest­erspos prysgee, wat ’n munisipale tussenverk­iesing in dié wyk op 14 September noodsaak.

“Ons het verwag dat die koalisie sy oorname gaan verloor; net nie dat dit so gou gaan gebeur nie,” het Botes aan die gehoor gesê.

“Die DA se aktiviste is op die grond en ons maak ons gereed om Prins Albert die volgende vier, vyf jaar vorentoe te neem. Die DA weet hoe om goed te regeer. As ons die geleenthei­d kry om te lei, gaan niemand die dorp weer by ons afvat nie.”

Volgens Bredell, die langsdiene­nde kabinetsmi­nister in die Wes-Kaap, is dit belangrik om ervare mense aan te stel. “Hulle moet geskik wees vir die poste wat hulle vul. Ons glo nie aan kader-aanstellin­gs wat geld verdien om te sit en borrels blaas nie.”

Met verwysing na Jaftha se posisie as DAkandidaa­t in wyk 4, het Bredell gesê: “As iemand sy of haar pos ontruim op grond van beginsels, kan ek met so iemand saamwerk. Margy Jaftha het gewys sy lei op grond van integritei­t en ’n bepaalde waardestel­sel. Inwoners van die Wes-Kaap neem dinge dikwels as vanselfspr­ekend, omdat die provinsie goed geregeer word en besef nie altyd wát alles verrig word nie – soos die bou van brandweers­tasies en ambulansst­asies, soos die herseël van paaie. Ons glo aan saamwerk. Dis waarom koalisiepo­litiek nie vir Afrika werk nie," het Bredell by Botes aangesluit.

Van die Wes-Kaap se spesifieke uitdagings wat oorkom moet word, is elektrisit­eitsvoorsi­ening, migrasie na die Wes-Kaap, onwettige plakkery en waterkwess­ies.

“Ons moet buite die boks dink oor die vestiging van mense en die voorsienin­g van water. Die ANC-regering het sedert 1991 net twee groot opgaardamm­e gebou. Van 1960 tot 1991 is 18 damme gebou. Nog groot opgaardamm­e, asook die vergroting van bestaande opgaardamm­e, is op die tafel in die Wes-Kaap.”

Tydens vraetyd wou Prins Alberters veral meer weet oor die gerugte van uraanontgi­nning sowat 20 km van die dorp, asook oor die uitbreidin­g van die dorp se wateropgaa­rvermoë. Oor albei sake sal hy ondersoek laat instel, het Bredell gesê.

 ?? Foto: Marlene Malan ?? Van links is Stoffel Botes (DA-speaker), Aubrey Swanepoel (DA-streekvert­eenwoordig­er), Sharna Fernandez (LUR, maatskapli­ke ontwikkeli­ng), Anton Bredell (LUR, plaaslike regering, omgewingsa­ke en ontwikkeli­ngsbeplann­ing) en Linda Jaquet (DA, waarnemend­e burgemeest­er).
Foto: Marlene Malan Van links is Stoffel Botes (DA-speaker), Aubrey Swanepoel (DA-streekvert­eenwoordig­er), Sharna Fernandez (LUR, maatskapli­ke ontwikkeli­ng), Anton Bredell (LUR, plaaslike regering, omgewingsa­ke en ontwikkeli­ngsbeplann­ing) en Linda Jaquet (DA, waarnemend­e burgemeest­er).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa