Oudtshoorn Courant

Walk in my Wheels-veldtog

- SONIA WAHL

OUDTSHOORN - Die Wes-Kaapse Vereniging vir Persone met Gestremdhe­de (APD) het Maandag' n bewusmakin­g s veldtog genaamd' Wal kin my Wheels' gehou om die uitdagings waarmee persone met gestremdhe­de daagliks gekonfront­eer word, uit te wys.

Pastoor Christo Nel, stasiebest­uurder van Heartbeat FM, is deur Tamzyn Boonzaaier, gemeenskap­sontwikkel­ings beampte by APD, uitgenooi om deel te vorm van hierdié veldtog waar hy vier ure in 'n rolstoel moes deurbring en daaglikse take uitvoer.

Nel was behoorlik ontnugter deur sommige uitdagings wat hy moes deurmaak om van die aktiwiteit­e te verrig in 'n omgewing wat nie rolstoel vriendelik is nie. Dit was duidelik dat van die daaglikse take onuitvoerb­aar sou wees indien hy nie hulp ontvang het nie; soos om veilig van 'n sypaadjie af te kom en dan 'n straat met 'n verkeersei­land oor te steek.

Die Walk in my Wheels-veldtog is geïnisieer omdat daar volgens APD 'n groeiende behoefte vir rolstoel toeganklik­e areas is en hulle sake-eienaars en werkgewers die geleenthei­d wil gee om hul perseel vanuit 'n ander oogpunt waar te neem. APD moedig sake-eienaars en werkgewers aan om aanpassing­s te maak vir kliënte en werknemers wat met 'n rolstoel beweeg.

Nel het tydens sy vier ure in die rystoel beklemtoon dat daar geweldig baie uitdagings en hinderniss­e in winkels en werkplekke vir persone met gestremdhe­de is.

"Dit was onmoontlik vir my om 'n badkamer te gebruik en ek sou myself definitief in 'n verleenthe­id geplaas het indien ek sou probeer."

Dit was duidelik dat Nel baie emosioneel was en het hy dankbaar vertel dat hy homself net kan indink wat iemand, wat aan 'n rystoel vasgekluis­ter is moet deurmaak wanneer daar geen geriewe is om jouself te verlig nie.

Aan die einde van die vier ure het Oudtshoorn Courant 'n onderhoud in die Heartbeart FM klankstudi­o met Boonzaaier en Nel gevoer om die dag se uitdagings te bespreek. Nel het vertel dat hy soms verneder gevoel het wanneer mense hom vermy het en selfs aangestaar het. Wanneer hy verduideli­k hoe moeilik dit is om items van 'n winkelrak te verwyder en dan te betaal, sê hy dadelik, “dit is ook 'n risiko, want waar bêre jy jou beursie.”

Nel het aan die einde van die dag gesê dat indien hy nou gestremd sou raak hy baie veranderin­gs sal moet aanbring. “Selfs om op vakansie te gaan sal 'n uitdaging wees, die rolstoel alleen neem soveel plek op.”

Nel beklemtoon dat dit nie net die fisiese veranderin­gs is wat hy sal moet aanbring nie, maar dat hy ook aan sy emosionele welstand sal moet werk indien so iets met hom sou gebeur.

 ?? ?? Pastoor Christo
Nel, stasiebest­uurder van Heartbeat FM word deur iemand gehelp om van ‘n sypaadjie af te kom.
Van Links is Christo Nel, stasiebest­uurder van Heartbeat FM, Sonia Wahl, joernalis van en Tamzyn Boonzaaier, gemeenskap­sontwikkel­ingsbeampt­e by APD.
Pastoor Christo Nel, stasiebest­uurder van Heartbeat FM word deur iemand gehelp om van ‘n sypaadjie af te kom. Van Links is Christo Nel, stasiebest­uurder van Heartbeat FM, Sonia Wahl, joernalis van en Tamzyn Boonzaaier, gemeenskap­sontwikkel­ingsbeampt­e by APD.
 ?? Oudtshoorn Courant ?? Sien ’n video by www.oudtshoorn­courant.com
Oudtshoorn Courant Sien ’n video by www.oudtshoorn­courant.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa