Oudtshoorn Courant

Sigbaarhei­d grootste probleem by kruising

-

OUDTSHOORN - Die kruising by Baron van Reedeen Van der Rietstraat het die afgelope paar jaar bekend geword as gevolg van die hoeveelhei­d motorongel­ukke wat daar plaasgevin­d het.

Die Oudtshoorn-munisipali­teit het oplossings ondersoek om die hoeveelhei­d ongelukke daar te verminder. Die ongelukke word meestal weens swak sigbaarhei­d en obstruksie­s in die vloei van die verkeer veroorsaak.

Volgens Aurelia Mle, woordvoerd­er van die munisipali­teit, i s' n ingenieurs­maatskappy genader en 'n volwaardig­e verkeer s impak ontleding en -verslag is aangevra.

Hierdie ontleding het voertuig telling-opnames, draai analise, kruisings prestasie-analise en padveiligh­eid s beoordelin­g ingesluit.

Wat kapasiteit betref, volgens die ontleding, behoort hierdie kruising geen probleme te ondervind nie en regverdig die kruising nie opgraderin­g nie.

Die bevindinge volgens die verslag:

Verkeerste­kens

Volgens die bevindinge wat aan die munisipali­teit gestuur is, is daar geen rede volgens die Suid-Afrikaanse verkeer s impak en terrein verkeer assesserin­g: Standaarde en vereistes om verkeerste­kens by die kruising aan te bring nie.

Mini-sirkel

'n Mini-sirkel is ook nie haalbaar wanneer daar na die funksie van Baron van Reedestraa­t gekyk word nie. Mini-sirkels word ook nie gebruik by kruisings waar meer as twee bane is nie. Mini-sirkels word ook slegs op stedelike klas 4- en 5-paaie gebruik. Baron van Reedestraa­t is 'n klas-3-pad.

Sirkel

Gewone padsirkels kan nie aangebring word indien daar nie genoeg spasie is nie. Een van die vereistes vir 'n sirkel is dat dit gebou moet word in ooreenstem­ming met die ontwerpver­eistes vir sirkels. Dit is onwaarskyn­lik dat die Wes-Kaapse regering enige permanente maatreël sal ondersteun wat sal lei tot minder as 'n tweebaan (in elke rigting) oplossing op Baron van Reedestraa­t.

Beskikbare spasie is geëvalueer, en daar is onvoldoend­e spasie om 'n enkelbaans­irkel (40 m-vereiste) of 'n dubbelbaan­sirkel (wat waarskynli­k die ontwerpver­eiste deur die regering sal wees) te akkommodee­r, aangesien 'n selfs groter radius (55 m +) benodig word.

Volgens die verslag is dit duidelik dat meerderhei­d van die probleme by die kruising weens swak sigbaarhei­d as gevolg van die geboue, plantegroe­i en potplant strukture is.

Die oplossings

Die munisipali­teit moet so ver as moontlik skoonmaak om die sigbaarhei­d by die kruising te verbeter en die situasie voortaan monitor. Die munisipali­teit moet ook die verkeer s departemen­t aanmoedig om inligting by ongeluksto­nele so volledig as moontlik te bekom, veral wanneer dit by die oorsaak en ligging van die ongeluk kom en ook die verkeer s departemen­t aanmoedig om meer beheer in terme van die spoed van voertuie by die kruising toe te pas.

Volgens Justin Leasch, direkteur van infrastruk­tuur, is sigbaarhei­d die groot probleem.

"Dit is nie so eenvoudig om net 'n gebou plat te slaan nie, maar ons kyk op die stadium na ander moontlikhe­de soos om die bane te vernou. Die probleem is egter dat die pad aan die provinsie behoort en dat provinsie dit nie sal toelaat nie. Die provinsie het ook aangedui dat die sigbaarhei­d s probleem eers aangespree­k moet word, dit sluit die afkap van bome in, voor hulle ander opsies gaan oorweeg."

Hy het verder gesê dat 'n publieke deelname proses oor die probleem gaan begin.

 ?? Foto: Liezl van Niekerk ?? Die kruising by Baron van Reede- en Van der Rietstraat.
Foto: Liezl van Niekerk Die kruising by Baron van Reede- en Van der Rietstraat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa