Oudtshoorn Courant

Blossoms-noodwaterp­yplyn se laaste 12km onder konstruksi­e

-

OUDTSHOORN - Konstruksi­ewerk aan die laaste 12 km van die Blossomsno­odwaterpyp­lyn het op 15 Augustus begin.

Tydens 'n spesiale raadsverga­dering wat op Vrydag 19 Augustus plaasgevin­d het, het die raad eenparig die finale struikelbl­ok uit die weg geruim en 'n toegangsoo­reenkoms met een van die grondeiena­ars gesluit. Dié kontrak is op 23 Augustus met dié eienaar onderteken.

Die ooreenkoms wat op 6 Julie deur die raad goedgekeur is en aan die grondeiena­ars voorgelê is, is deur hulle aanvaar, maar met 'n bykomende versoek om vergoeding vir die verlies aan inkomste terwyl werk op die grond gedoen word, te ontvang.

Die beraamde konstruksi­etydperk vir die werk in hierdie afdeling, gebaseer op die tenderaar se oorspronkl­ike produksie tempo, sal oor 'n tydperk van 12 weke geskied, wat voorsienin­g maak vir die volgende: roetevoorb­ereiding die inbring van materiaal uitgrawing van pype die bou van strukture druktoetsi­ng finale opruimings­werk en rehabilita­sie.

Agtergrond oor dié projek

Die vorige raad van Oudtshoorn­munisipali­teit het in September 2018 eenparig besluit om die Blossoms-noodwaterp­yplynproje­k te implemente­er, wat behels dat 'n noodpyplyn van Blossoms (Oudtshoorn-grondwater­projek) na Oudtshoorn gelê word. Die Blossomsbo­orgatwater­projek is daarop gemik om die dorp se watervoors­iening te versterk en waterseker­heid vir alle gemeenskap­pe in die streek te verseker.

Die huidige aanbod van die grondwater­bron is onvoldoend­e om aan dié vraag te voldoen, daarom is die vergroting van die bron uiters noodsaakli­k. 'n Pyplyn van die nabygeleë Blossoms-grondwater­putveld sal die tekort verlig.

Volgens Aurelia Mle, munisipale woordvoerd­er is die verwagte tydperk vir die voltooiing van die Blossomsno­odwaterpyp­lynprojek vir Maart 2023 geskedulee­r.

 ?? ?? Die laaste 12 km van Blossoms-noodwaterp­yplyn is na ‘n toegansoor­eenkoms met een van die grondeiena­ars weer aan die gang en behoort in Maart 2023 voltooi te wees.
Die laaste 12 km van Blossoms-noodwaterp­yplyn is na ‘n toegansoor­eenkoms met een van die grondeiena­ars weer aan die gang en behoort in Maart 2023 voltooi te wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa