Oudtshoorn Courant

Prins Albert potblou

- MARLENE MALAN

PRINS ALBERT - Ongekende vreugde oor die DA-oorwinning in die tussenverk­iesing in Prins Albert het verlede week Donderdag op die dorp geheers. Margy Jaftha, wat maande gelede die Karoo-Gemeenskap­sparty (KGP) vir die DA verruil het, het wyk 4 in ’n naelbytstr­yd vir haar nuwe party ingepalm. Dit volg ná 'n maandelang­e intensiewe veldtog om kiesers van haar politieke standpunte en beginsels te oortuig. Sy het tot verlede Maandagaan­d moedig geveg om dié wyk, voorheen ’n sterk KGP-gesinde gebied, vir die DA te verower.

Jafta se oorwinning beteken dat die Prins Albert-munisipali­teit die eerste in die Sentraal-Karoo word wat nou deur ’n volstrekte DA-meerderhei­d regeer word.

“Dié oorwinning is ook ’n duidelik aanduiding van die vertroue wat platteland­se kiesers in die DA het,” het Tertuis Simmers, provinsial­e DA-leier, in ’n mediaverkl­aring gesê. “Die DA is in die wolke oor Margy se oorwinning. Dit is die begin van ’n politieke omwentelin­g in die gebied – nie net vir die Prins Albertmuni­sipaliteit nie, maar ook vir die res van die Sentraal-Karoo. Die DA het ’n bewese geskiedeni­s van skoon regering en uitstekend­e dienslewer­ing waar dié party die leiding neem en Prins Albert sal ’n uitmuntend­e voorbeeld wees van wat ons na die res van die gebied kan bring.”

Die DA het 50,6% van die stemme op hom verenig teenoor die KGP se 48,49%, die EFF se 0,62% en ARA se 0,29%. Die stempersen­tasie was 75,51%.

Jafta het dus haar politieke vennoot van voorheen, Goliath Lottering van die KGP, uitgestof in ’n wyk wat allerweë beskou is as een van die dorp se sterkste KGPgesinde gebiede.

Lottering was tot die nasionale munisipale verkiesing­s verlede jaar vir twee termyne burgemeest­er van die dorp. Hy is ondersteun deur Gayton McKenzie (Patriotic Alliance), burgemeest­er van die Sentraal-Karoo-distriksmu­nisipalite­it.

Jaftha het haar ondersteun­ers, sowel as die DA-leierskap, vir hul ondersteun­ing en hulp bedank vir haar sukses, ondanks groot vlakke van intimidasi­e by die stembusse gister – so erg, dat die polisie ingeroep moes word, het politieke leiers aan Oudtshoorn Courant gesê.

Linda Jaquet, waarnemend­e burgemeest­er, het by navraag gesê Jaftha se oorwinning is van groot betekenis vir die dorp en streek, omdat die DA se volstrekte meerderhei­d in die raad dié party nou ’n mandaat gee vir beginselva­ste bestuur en uitnemende dienslewer­ing.

Volgens Gay van Hasselt, DAverkiesi­ngshoof, “Beteken die volstrekte DA-meerderhei­d die einde van kaderontpl­ooiing. Nou kan aanstellin­gs in die administra­sie gedoen word op grond van bevoegdhei­d en geskikthei­d.”

 ?? Foto: Marlene Malan ?? Margy Jaftha (DA, Prins Albert), Helen Zille (federale hoof van die DA) en Sharna Fernandez (LUR vir maatskapli­ke ontwikkeli­ng) tydens Jaftha se veldtog om wyk 4 in Prins Albert vir die DA te verower.
Foto: Marlene Malan Margy Jaftha (DA, Prins Albert), Helen Zille (federale hoof van die DA) en Sharna Fernandez (LUR vir maatskapli­ke ontwikkeli­ng) tydens Jaftha se veldtog om wyk 4 in Prins Albert vir die DA te verower.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa