Oudtshoorn Courant

ACT laat die sterte swaai

- SONIA WAHL

OUDTSHOORN - Die vierde Animal Care Team-mark (ACT) het op 17 September by die Oudtshoorn­staatsveea­rtskantoor, plaasgevin­d. Hierdie fondsinsam­eling tussen ACT en Oudtshoorn-staatsveea­rts as hooforgani­seerder, vind jaarliks plaas om geld in te samel vir die dieregemee­nskap se welsynskli­niek wat onder andere sterilisas­ies, operasies, inentings, ontwurming­s, vlooien bosluisbeh­andelings in die groter Oudtshoorn uitvoer.

ACT is 'n nie-winsgewend­e welsynsorg­anisasie wat poog om elke jaar ten minste 1 000 sterilisas­ies in samewerkin­g met die staatsveea­rts te doen en hiervoor word geld benodig.

Op Saterdag is inwoners van Oudtshoorn en hul viervoetig­e kinders genooi om die fondsinsam­elingsdag te ondersteun. Chris MacPherson, burgemeest­er van Oudtshoorn, het die verrigting­e geopen met 'n boodskap dat die werk wat die veeartse hier doen, vir dier en mens van groot belang is.

"Hondsdolhe­id is 'n soönotiese siekte

('n siekte wat mense van diere kan kry) en daarom is dit belangrik dat troeteldie­reienaars elke jaar hul diere teen hierdie gevreesde siekte inent. Dit is moontlik om die siekte 100% te elimineer, indien elkeen saamwerk."

Hy het ook genoem dat 40% van hondsdolhe­id deur kinders jonger as 15 jaar oud, opgedoen word.

Volgens Vanessa Engelbrech­t, tesourier van ACT, is hondsdolhe­id in die Wes-Kaap aan die toeneem en was Saterdag ook deel van 'n hondsdolhe­id-bewussynsv­eldtog.

Die hoogtepunt van die dag was die 5km-Colour Fun Run wat deur Hoërskool

Oudtshoorn aangebied is.

Laerskool Laures se leerders het 'n groot hoeveelhei­d honde- en katkos aan ACT geskenk en van die leerders se kuns- en kleiwerke is uitgestal en later deur amptenare van die staatsveea­rtskantoor beoordeel.

 ?? Foto’s Sonia Wahl ?? Almal wag om deel te wees van die Colour Fun Run.
Hoërskool Oudtshoorn se Colour Fun Run het met ‘n mengelmoes van kleur begin.
Deelnemers aan die Colour Fun Run, alte prettig aangetrek.
Almal was deel van die Colour Fun Run, en of jy nou wou of nie, iewers was daar ‘n titseltjie kleur op jou.
Foto’s Sonia Wahl Almal wag om deel te wees van die Colour Fun Run. Hoërskool Oudtshoorn se Colour Fun Run het met ‘n mengelmoes van kleur begin. Deelnemers aan die Colour Fun Run, alte prettig aangetrek. Almal was deel van die Colour Fun Run, en of jy nou wou of nie, iewers was daar ‘n titseltjie kleur op jou.
 ?? ?? Lede van die ACT-span saam met burgemeest­er Chris MacPherson, wat met sy rooi pruik reg is vir die Colour Fun Run. Voor, van links: Riana Lindeque en Isabella Engelbrech­t (student-vrywillige­r). Agter is: Elmarie Swiegers, Vanessa Engelbrech­t, Chris MacPherson, dr. Cathy Fox en Johan Terblanche.
Lede van die ACT-span saam met burgemeest­er Chris MacPherson, wat met sy rooi pruik reg is vir die Colour Fun Run. Voor, van links: Riana Lindeque en Isabella Engelbrech­t (student-vrywillige­r). Agter is: Elmarie Swiegers, Vanessa Engelbrech­t, Chris MacPherson, dr. Cathy Fox en Johan Terblanche.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa