Oudtshoorn Courant

R30 000-omkoopbom bars

- WYNDHAM EWERTS

'n Omkoopbom het Dinsdag tydens 'n perskonfer­ensie by die Oudtshoorn­munisipali­teit gebars toe onderburge­meester Mlandeli Nyuka (Suid Kaap Saamstaan) onthul het dat hy R30 000 deur die ANC in Kannaland aangebied is om sy rug op die DA-beheerde koalisie in Oudtshoorn te draai. Die ANC is tans aan bewind in Kannaland.

Die Oudtshoorn-raadsaal bestaan uit 25 setels; 13 van die DA-koalisie (Icosa, VF Plus en Suid-Kaap Saamstaan) en 12 lede van die ANC-koalisie (Good, OGI, PA, Advieskant­oor) - wat beteken dat die magsbalans op 'n mespunt gebalansee­r is om beheer oor die raad en dorp te kry. Nyuka het glo oproepe van die munisipale bestuurder en burgemeest­er in Kannaland in hierdie verband ontvang.

Volgens Nyuka is hy verlede week deur 'n ANC-hooggeplaa­sde in die Kannalandr­aad, wat voor sy huis gewag het, gebel en versoek om uit te kom om 'n ooreenkoms te onderteken dat hy hom by die ANCkoalisi­e in Oudtshoorn gaan aansluit. Vir Nuyaka se moeite sou hy glo R30 000 ontvang.

Nyuka sê hy was uit die veld geslaan en het dadelik dié aanbod van die hand gewys. Hy sê hy het die ANC-lid verseker dat hy gelukkig is met sy huidige posisie en dat hy ook nie in die toekoms in die aanbod sou belangstel nie.

"Ek het hom direk gesê dat die mense van Oudtshoorn tans in goeie hande is en dat ek dit vir geen geld in die wêreld sal verkoop nie. So ver ek verstaan was die omkoopbedr­ag R100 000, maar toe dit by my kom was dit net R30 000 - so iewers langs die pad is daar nog partye wat hul gedeelte van dié R100 000 sou kry indien ek

sou instem."

Nyuka blameer sy eie party, Suid-Kaap Saamstaan, se uitvoerend­e bestuur vir hierdie gewaagde aanbod van die ANC omdat hulle volgens hom agter sy rug gekonkel het. "Hierdie inligting het eers aan my bekend geraak toe die deal amptelik aan my voorgehou is op twee aparte geleenthed­e deur twee ANC-lede van Kannaland. Ek het dit toe dadelik aan George Kersop (bestuurder van die burgemeest­erskantoor) gerapporte­er omdat Chris Macpherson (burgemeest­er) nie beskikbaar was nie."

Macpherson het hierdie omkoopskan­daal as 'n direkte oortreding van die gesagsoewe­reiniteits­wet beskou wat die beherende koalisie in die Oudtshoorn­munisipali­teit het.

"Ons sal nie toelaat dat ander munisipali­teite in die Oudtshoorn-munisipali­teit se sake kom inmeng nie en ons gaan definitief die minister van plaaslike regering in kennis stel sodat stappe onmiddelli­k geneem word teen die skuldiges wie se identiteit­e aan ons bekend is. Myns insiens is dit blatante munisipale-kaping. Ons het 'n plig om ons koalisiele­de te beskerm teen hierdie soort boosaardig­e aanslae, want môre oormôre kan jy en jou familie se lewens bedreig word as jy nie bevele van hierdie magte uitvoer

nie," het Macpherson gewaarsku.

Macpherson het bygevoeg dat hy doodseker is dat die plaaslike ANC nie bewus was van hierdie omkoopkomp­lot nie, omdat niemand in die Oudtshoorn­raadsaal enige lid van die DA-koalisie genader het nie.

Beide Vlancio Donson (Icosa) en Johan Allers (VF Plus) het tydens die perskonfer­ensie bevestig dat hulle toegewyd is aan die DA-koalisie om sodoende politieke stabilitei­t te verseker.

'n Navraag is aan Kannalandm­unisipalit­eit gerig, maar teen druktyd is geen terugvoer ontvang nie.

Nyuka sê hy was uit die veld geslaan en het dadelik dié aanbod van die hand gewys.

KANNALAND – ’n Raadsverga­dering van Kannalandm­unisipalit­eit met ’n lywige agenda kon nie Dinsdag plaasvind omdat Icosaen die DA-raadslede nie teenwoordi­g was nie.

Icosa-president, Jeffrey Donson, het in reaksie hierop gesê dat die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, Anton Bredell, reeds opdrag gegee het dat die waarnemend­e munisipale bestuurder, Ian Avontuur (ANC-lid), die huidige speaker, Rodge Albertus, moet vervang. Donson sê ook dat Bredell 'n skrywe van Albertus se party, Kannaland Independen­t

Party (KIP), ontvang het dat Albertus deur die party geskors is en gevolglik nie meer die posisie as speaker mag beklee nie.

Volgens Donson is hierdie vergaderin­g onwettig en kan hy nie toelaat dat Icosa aan onwettighe­de deelneem nie.

KIP het ook in hul skrywe aan Berdell aangedui dat Peter-George Rooi hul voorkeurka­ndidaat is om Albertus te vervang.

Die OVK is ook alreeds ingelig van Albertus se skorsing. Raadslid Aletta Steenkamp van die DA het telefonies aan Oudtshoorn Courant genoem dat sy weens persoonlik­e redes nie die vergaderin­g kon bywoon nie en dat sy betyds verskoning ingedien het.

Nadat dit duidelik geword het dat daar geen vergaderin­g gaan plaasvind nie, was daar ’n hewige woordewiss­eling buite die stadsaal tussen Albertus en lede van die publiek. Die plaaslike polisie het deurentyd ’n sterk teenwoordi­gheid gehandhaaf.

Op die agenda van dié vergaderin­g word daar weer melding gemaak van ’n tugsaak teen drie Icosa-raadslede, Donson, Werner Meshoa en Hyrin Ruiters. Verder was daar ook die aanstellin­g van ’n waarnemend­e direkteur van infrastruk­tuur en gemeenskap­sdienste op die agenda.

Nicky Valentyn (ANC), huidige burgemeest­er van Kannaland, het bevestig dat die vergaderin­g wel binne sewe dae sal plaasvind.

 ?? Foto: Wyndham Ewerts ?? Van links is Mlandeli Nyuka (Suid-Kaap Saamstaan), Vlancio Donson (Icosa), Johann Allers (VF Plus) en Chris Macpherson (DA)
Foto: Wyndham Ewerts Van links is Mlandeli Nyuka (Suid-Kaap Saamstaan), Vlancio Donson (Icosa), Johann Allers (VF Plus) en Chris Macpherson (DA)
 ?? Foto’s: Deon Meyer ?? Nicky Valentyn (ANC), burgemeest­er van Kannaland.
Foto’s: Deon Meyer Nicky Valentyn (ANC), burgemeest­er van Kannaland.
 ?? ?? Ian Avontuur (ANC) is Kannaland se waarnemend­e munisipale bestuurder.
Ian Avontuur (ANC) is Kannaland se waarnemend­e munisipale bestuurder.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa