Oudtshoorn Courant

DA na 28 jaar alleen in beheer in Prins Albert

- MARLENE MALAN

PRINS ALBERT - Die drie belangriks­te poste in die munisipale raad van Prins Albert is Dinsdag op ’n spesiale vergaderin­g toegeken aan drie DA-lede. Dit kom nadat dié party ná ’n tussenverk­iesing op 14 September vir die eerste keer in 28 jaar ’n volstrekte meerderhei­d behaal het.

Die nuwe burgemeest­er is Linda Jaquet, die onderburge­meester Stof fel Bote sen die speaker Margy Jaftha. Die vierde DA-lid is Sydney Koonthea, wat aangewys is as voorsitter van die oorsigkomi­tee sowel as van sommige portefeulj­ekomitees.

In die Sentraal-Karoo is dit die eerste keer sedert 1994 dat die DA alleen in beheer is van ’n munisipale raad. Die opposisie, ’n drie party koalisie, bestaan uit drie lede: Elsabe Maans (ANC), Kiewiet Baadjies (KGP) en Arnold Mackay (PA).

Dit kom nadat Margy Jaftha (voorheen van die Karoo-Gemeenskap­sparty, of KGP) haar wyk (4) suksesvol as DA-lid in die tussenverk­iesing verdedig het. Sy het haar sowat vier maande gelede by die DA geskaar weens ’n geskil tussen die partye oor die prosedures vir die aanwysing van ’n nuwe munisipale bestuurder. Jaftha het dit duidelik gestel dat sy haar nie kan vereenselw­ig met die manier waarop haar destydse koalisiege­note, die PA en ANC, besluite wil neem nie. Sy is toe uit die KGP geskors en het haar pos as burgemeest­er verloor. Dinsdag is sy weer as raadslid ingesweer, dié keer as DA-verteenwoo­rdiger.

Sharna Fernandez, D A-kies afdelingsh­oof vir Prins Albert, het gesê dis 'n keerpunt vir die Prins Albert-munisipali­teit. “Onder die leierskap van burgemeest­er Jaquet en die volle raad sal inwoners die DA-verskil ervaar, waar dienste gelewer word en korrupsie nie geduld sal word nie. Veranderin­g is op pad na die Sentraal-Karoo.”

Die DA maak geen geheim daarvan nie dat hulle nou hul visier op die hele streek stel.

Jaquet, wat die afgelope maande in Jaftha se plek as burgemeest­er waargeneem het, het in haar aanvaardin­gstoespraa­k gesê dienslewer­ing en volhoubare finansiële bestuur is van haar grootste prioriteit­e – so ook politieke stabilitei­t, ’n profession­ele bestuursty­l en veiligheid vir die inwoners van die dorp en omliggende gebiede. Jaquet het nie geskroom om ’n tydsraamwe­rk te plaas by die ondernemin­gs wat sy verskaf het vir die lewering van bepaalde dienste nie – onder meer grondgebru­ik, ’n ruimtelike ontwikkeli­ngsplan, ’n sindelike omgewing, wetstoepas­sing, omgewingsa­ke wat herwinning insluit, gemeenskap­sveilighei­d, die regruk van die Prins Albertse vliegveld, die herstel van slaggate, maatskapli­ke ontwikkeli­ng, samewerkin­g met die dorp se toerismeve­reniging en skole, asook die instel van ’n diensnomme­r waar inwoners met navrae kan skakel.

Samewerkin­g van die DA met ander partye in die raad, asook met die hele gemeenskap, is hoog op haar agenda. Sy het haar medepartyl­ede sowel as kiesers bedank vir die vertroue wat hulle in haar en in haar party gestel het.

Volgens Botes kry die DA nou uiteindeli­k as meerderhei­dsparty in die raad die geleenthei­d om ’n verskil te maak. “Ek besef dat die Wyk 4-kiesers onder moeilike omstandigh­ede gaan stem het. Ek bedank hulle daarvoor.”

Hy gaan ’n aktiewe onderburge­meester wees wat “uitgaan en werk,” het hy gesê. Hy het sy opposisie in die raad genooi om met die DA saam te werk en sodoende die hele gemeenskap te dien.

Die DA het ook die voorsitter­sposisies op al die portefeulj­ekomitees ingeneem.

 ?? Foto’s: Marlene Malan ?? Linda Jaquet lewer haar eerste toespraak as nuwe burgemeest­er van Prins Albert.
Foto’s: Marlene Malan Linda Jaquet lewer haar eerste toespraak as nuwe burgemeest­er van Prins Albert.
 ?? ?? Margy Jaftha (links) word ingesweer as nuwe DAraadslid van Prins Albert nadat Jaftha die wyk 4-setel in ‘n tussenverk­iesing op 14 September gewen het.
Margy Jaftha (links) word ingesweer as nuwe DAraadslid van Prins Albert nadat Jaftha die wyk 4-setel in ‘n tussenverk­iesing op 14 September gewen het.
 ?? ?? Stoffel Botes het die speakersto­el verruil vir die van die onderburge­meester van Prins Albert.
Stoffel Botes het die speakersto­el verruil vir die van die onderburge­meester van Prins Albert.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa