Oudtshoorn Courant

Heldeontva­ngs vir dapper stapper Brian Daniels

- WYNDHAM EWERTS

"Ek is baie bly dat ek my jare lange droom kon bewaarheid om my staptog te voltooi om geld vir die Rooikruis-kinderhosp­itaal in te samel."

So het die bekende atleet en adjudantof­fisier, Brian Daniels (52), Maandagaan­d in sy toespraak gesê waar hy 'n heldeontva­ngs van vriende, familie en kollegas net buite Oudtshoorn ontvang het.

Oudtshoorn Courant het reeds in 2020 berig oor Daniels se edele voornemens, maar moes hy dit ongelukkig weens Covid-19 kanselleer.

Vanjaar het hy weer die bul by die horings gepak en sowat twee weke gelede sy staptog vanaf Oudtshoorn na Kaapstad via die R62roete aangedurf. Hy en sy twee spanlede, een wat die administra­tiewe gedeelte van die wedloop hanteer en een wat Daniels se persoonlik­e motor bestuur, het na elke 50 km 'n aand of twee in 'n dorp oornag en in hierdie verband, het Daniels sy opregte dankbaarhe­id uitgespree­k: “Dankie vir beskerming­sengele wat die Vader op ons pad gesit het waarsonder hierdie poging definitief nie moontlik sou wees nie."

Oor die staptog self sê Daniels dat hy dit baie geniet het alhoewel hy in Worcester, na 310 km ('n groot prestasie alreeds), deur 'n mediese dokter streng aangeraai is om nie sy staptog voort te sit nie.

"My hele lyf van bo tot onder by my enkels was in tip top kondisie, maar die dokter het bevind dat ek die risiko sal loop om my voete te beskadig. Ek moet bieg, ek het 'n bietjie af gevoel en geworstel met myself oor die dokter se bevinding, maar op die einde van die dag het ek maar ingegee en besluit om gehoorsaam te wees," skerts hy.

Daniels sê dat twee stapmaats die volgende dag in Worcester by hom kom inloer het en net daar en dan is daar besluit dat hulle twee die oorblywend­e 110 km namens Daniels sou aflê.

Na 12 dae het Daniels en sy span uiteindeli­k by hulle bestemming aangekom waar hulle, soos in Oudtshoorn, soos helde ontvang is. Hier het Daniels die R34 000 aan Rooikruis-kinderhosp­itaal oorhandig wat dit sal aanwend vir hul terapeutie­se speelkamer. In sy oorwinning­stoespraak het hy bevestig dat daar planne in die pyplyn is om die "pelgrimsre­is" soos hy dit noem, 'n tweejaarli­kse instelling te maak.

"Kyk, sonder twyfel het ek die afgelope 12 dae baie wys geraak in terme van beplanning vir so tipe staptog. Die kanse is groot dat ek 'n addisionel­e stapper op hierdie reis sal neem en dan kan ons die roete in skofte aanpak. Vir my alleen sou dit baie makliker gewees het om die staptog Kaap toe in drie weke te voltooi in plaas van twee, maar ek en my span het besluit dat dit te lank sal wees om op die pad te wees. Met 'n ekstra stapper sal die tydperk om in die Kaap uit te kom selfs minder as twee weke wees. Ook sal dit baie help as 'n borg aan boord kan kom wat drafskoene kan verskaf, want ek het met slegs een paar Kaap toe gestap, en om jou staptog so gemaklik moontlik te maak, het jy ten minste vier paar nodig," het Daniels gesê.

Voorts beoog hy ook om sy Facebookbl­ad, Karoo to Coast for Children, wat die afgelope ruk groot aftrek op sosiale media gekry het, gereeld op te dateer om lesers op hoogte te hou van die nuutste verwikkeli­nge.

Hy het ook die publiek aangemoedi­g om steeds R100 kaartjies te koop om sy oorspronkl­ike teiken van R50 000, 'n realiteit te maak.

Bankbesond­erhede is as volg:

Absa tjekrekeni­ng – Brian Colin Daniels NPC

Rekeningno­mmer – 4105412162

Takkode – 632005

Vir enige navrae kontak Daniels by 060 523 4786.

 ?? Foto: Wyndham Ewerts ?? Daniels en sy kollegas vier sy triomfantl­ike terugkeer.
Foto: Wyndham Ewerts Daniels en sy kollegas vier sy triomfantl­ike terugkeer.
 ?? ?? Oor die staptog self sê Daniels dat hy dit baie geniet het alhoewel hy in Worcester, na 310 km (‘n groot prestasie alreeds), deur ‘n mediese dokter streng aangeraai is om nie sy staptog voort te sit nie.
Oor die staptog self sê Daniels dat hy dit baie geniet het alhoewel hy in Worcester, na 310 km (‘n groot prestasie alreeds), deur ‘n mediese dokter streng aangeraai is om nie sy staptog voort te sit nie.
 ?? ?? “Dit sal baie help as ‘n borg aan boord kan kom wat drafskoene kan verskaf, want ek het met slegs een paar Kaap toe gestap, en om jou staptog so gemaklik moontlik te maak, het jy ten minste vier paar nodig,” het Daniels gesê.
“Dit sal baie help as ‘n borg aan boord kan kom wat drafskoene kan verskaf, want ek het met slegs een paar Kaap toe gestap, en om jou staptog so gemaklik moontlik te maak, het jy ten minste vier paar nodig,” het Daniels gesê.
 ?? ?? Daniels kort na sy aankoms by die Rooikruisk­inderhospi­taal.
Daniels kort na sy aankoms by die Rooikruisk­inderhospi­taal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa