Oudtshoorn Courant

Huis Triomf ondergaan ‘n gedaanteve­rwisseling

- SONIA WAHL

OUDTSHOORN – ACVV Huis Triomf, 'n kinder- en jeugsorgse­ntrum in Wagenaarst­raat, Oudtshoorn, het in die afgelope jaar opslae gemaak – eers met sprake dat die deure van die kinderhuis finaal gaan sluit en toe weer dat die deure gaan oopbly.

Huis Triomf het die afgelope paar maande aan verskeie deure gaan klop, in die hoop dat hulle die kinderhuis moontlik kon skuif na 'n area wat meer "kindervrie­ndelik" sou wees.

Huis Triomf, of Elroi in associatio­n with ACVV and The Barn soos dit van volgende jaar af bekend gaan staan, ondergaan tans ‘n totale gedaanteve­rwisseling. (Rede vir die Engelse benaming is dat oorsee se persone ook dit kan verstaan).

Volgens Roelof Kwant, pastoor by Barn Christian Fellowship in Johannesbu­rg, voorsitter van Huis Triomf en ook aan die stuur van die veranderin­ge by Huis Triomf, vertel dat daar ongelukkig geen geskikte perseel gevind is om heen te skuif nie en daar moet nou die beste gemaak word met wat daar is.

Daar word vier fases beplan om opgraderin­g en ondersteun­ing aan Huis Triomf te bied.

Die geld vir die veranderin­gs wat tans aangebring word, word verkry uit die fondsinsam­eling wat Barn Christian Fellowship ten bate vir ACVV Huis Triomf, gehou het. Baie van die veranderin­gs word ook gedoen met skenkings van verskeie besighede.

Eerste fase - personeel

Kwant en sy vrou Carol, vertel dat hulle tevrede is met die personeel wat tans in diens van Huis Triomf is en dat hulle beplan om leiding aan die personeel te voorsien.

Tweede fase - gebou

Verskeie besighede het skenkings en/of afslag gegee om die verbeterin­gs aan te bring - Easylife Kitchens in George, gaan die hele kombuis oordoen, Timbercity en Build it in Oudtshoorn het skenkings, sowel as afslag op sekere aankope gegee.

Tans word die gebou se verbeterin­gs in fases opgedeel en beplan Kwant en sy span om voor die einde van die jaar alle werk in die gebou te voltooi.

Daar word tans op die kombuis, spens, was-, eet-, en badkamer gefokus. Die vensterram­e in dié areas sal met aluminiumv­ensters vervang word en nuwe teëls sal gelê word.

Derde fase - programme

Fase drie is die hersiening van die kinders se programme om hulle te stimuleer en te onderrig.

Vierde fase - ontspannin­g

Fase vier sal die aanbring van sportgerie­we, ontspannin­gslokale en ‘n muur rondom Huis Triomf insluit.

Kwant is baie positief oor die veranderin­ge en nooi die groter Oudtshoorn uit om deel te vorm van Huis Triomf.

"Ons wil Oudtshoorn­iete betrek wat basiese en groot take kan verrig," nooi Kwant uit.

Ons vra ook die gemeenskap om, wanneer hulle skenkings aan die kinderhuis maak, eers te hoor of daar ‘n behoefte na die item/s is, want daar is dalk ‘n groter behoefte na dit op ‘n ander plek.”

Naamsveran­dering

"Vanaf volgende jaar sal ACVV Huis Triomf as 'Elroi, in associatio­n with ACVV and The Barn', bekendstaa­n en is die nuwe naam klaar geregistre­er. Elroi beteken, ‘God wat ons sien’, vertel Kwant.

Volgens hom word daar nog aan die ontwerp gewerk en Charl Meyer, eienaar van Proworx het klaar ingestem om die nuwe naambord aan hulle te skenk.

Wat sê Oudtshoorn-munisipali­teit?

Die gebou waarvan ACVV Huis Triomf tans gebruik maak is die eiendom van Oudtshoorn-munisipali­teit en volgens Hannes Visser, media- en kommunikas­iebeampte in die kantoor van die burgemeest­er, ondersteun die munisipali­teit alle verbeterin­gs en veranderin­gs wat in oorleg met die munisipali­teit deur die privaat inisiatief aangebring word.

Die Oudtshoorn-munisipali­teit het ook gesprekke met die eienaars van die omliggende besighede gevoer om te kyk tot watter mate hulle ook samewerkin­g kan gee om die omstandigh­ede by Huis Triomf te verbeter.

ACVV se rol in Huis Triomf se toekoms

Eunice Strydom, streekbest­uurder van ACVV Klein-Karoo, het hul volgehoue betrokkenh­eid by ACVV Huis Triomf (Elroi-kinderhuis) bevestig en genoem dat takke wat by die ACVV-hoofbestuu­r geaffiliee­r is, die beskerming van die moederligg­aam geniet.

Lees asb die volledige berig aanlyn by www.oudtshoorn­courant.co.za of op die

Oudtshoorn Courant se Facebook-blad.

 ?? ?? Die vooraansig van ACVV Huis Triomf.
Die vooraansig van ACVV Huis Triomf.
 ?? ?? Die eetkamer soos dit nou lyk - dit word heeltemal oorgeteël en geverf.
Die eetkamer soos dit nou lyk - dit word heeltemal oorgeteël en geverf.
 ?? Foto’s: Sonia Wahl ?? Huis Triomf se kombuis, spens en waskamer word eerste oorgedoen. Van links is Carol Kwant, Roelof Kwant en Peter Simon, ‘n gemeentlid van Barn Christian Fellowship wat kom help het met die verbeterin­ge.
Foto’s: Sonia Wahl Huis Triomf se kombuis, spens en waskamer word eerste oorgedoen. Van links is Carol Kwant, Roelof Kwant en Peter Simon, ‘n gemeentlid van Barn Christian Fellowship wat kom help het met die verbeterin­ge.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa