Oudtshoorn Courant

Dispuut tussen museum en munisipali­teit duur voort

- LIEZL VAN NIEKERK

OUDTSHOORN - "Ek wil dit baie duidelik stel dat die uitsetting­sbevel op die raad van die CP Nel-museum beteken is en dit nie gedoen word om die museum te sluit nie. Die uitsetting van die museumraad is ‘n dringende ingryping voordat onomkeerba­re skade aan die dorp se kultuurerf­enis aangerig word."

So het Oudtshoorn-burgemeest­er, Chris Macpherson, die week gesê na die munisipali­teit hul prokureur Christo van der Bergh, opdrag gegee het om 'n aanmanings­brief te skryf waarin hulle versoek dat die museumraad ontbind. Volgens 'n verklaring wat die week deur die burgemeest­erskantoor uitgereik is behoort die museum aan die mense van Oudtshoorn en is daar kommerwekk­ende kwessies en optredes wat deur die huidige museumraad toegepas word wat nie verder toegelaat kan word nie. Een van die kwessies is die samestelli­ng van die museumraad.

"Die samestelli­ng van die huidige museumraad is nie verteenwoo­rdigend van die inwoners van Oudtshoorn nie en het geen verteenwoo­rdigers uit die bruin gemeenskap nie. Die twee verteenwoo­rdigers van die munisipali­teit en die Tuinroeted­istriksmun­isipalitei­t word totaal deur die museumraad geminag en word by geen vergaderin­g ingesluit nie. Die museumraad bestaan hoofsaakli­k uit mense van buite Oudtshoorn wat aangestel is en geen belang by die dorp het nie," lui die verklaring.

Volgens Macpherson word die Vriende van die Museum ook heeltemal misken.

"Die Vriende van die Museum, wat reeds vir dekades die belange van die museum tot voordeel van die dorp op die hart gedra het en die museum gefinansie­r het, word heeltemal misken. Tot op hede het die nuwe museumraad geen finansiële state beskikbaar gestel om te toon hoe die meer as ‘n miljoenran­d wat deur die Vriende van die Museum ingesamel is, aangewend of belê is

nie."

Hy sê verder dat die museumraad sonder magtiging van hulle provinsial­e ministerie hooggeregs­hofsake aanhangig gemaak teen die Oudtshoorn­besigheids­kamer, -toerisme en Agri Klein-Karoo wat daarop uitgeloop het dat twee van die instansies na ander persele verhuis het. Die museumraad het ook regstappe geneem om die ontwikkela­ars van die Queen’s Mall te verhoed om die parkeerare­a op te knap. Dit nadat die ontwikkela­ars van die Queen’s

Mall miljoene der miljoene rande in die ontwikkeli­ng ingeploeg het.

"Die ontwikkela­ar het ook sy voorneme om op eie koste aantreklik­e afdakke vir die vereverkop­ers langs die museum op te rig, laat vaar as gevolg van die inmenging van die museumraad."

Macpherson sê met die onderteken­ing van die oorspronkl­ike ooreenkoms tussen die museum en die munisipali­teit in 1974 het die ou skoolgebou waarin die museum tans is, oor twee erwe gestrek. Hierdie erwe sluit die biblioteek­gebou en ‘n groot gedeelte van die parkeerare­a van die Queen’s Mall in. Die huidige museumraad eis nou dat hulle volle beheer oor die hele terrein en eiendom het wat glad nie die oorspronkl­ike bedoeling van die ooreenkoms was nie.

"As burgemeest­er is ek ook erg bekommerd oor die manier waarop die museumraad tans die Le Roux-dorpshuis bestuur en die wyse waarop daar doelbewus gepoog word om verkose raadslede van Oudtshoorn-munisipali­teit by vergaderin­gs en besluite uit te sluit. Dit beteken dat die munisipali­teit geen beheer het oor die bestuur van sy eie eiendomme en bates van die gemeenskap nie."

Die museum is ook agterstall­ig met hul dienstegel­d. Volgens die verklaring het die museum die afgelope aantal jare geen erfbelasti­ng, water of kragverbru­ik betaal nie. ‘n Rekening vir hierdie agterstall­ige gelde word nou op die museumraad beteken.

"Dit is vir my as burgemeest­er skokkend dat so ‘n belangrike erfenis en toerisme aantreklik­heid misbruik en in der waarheid geskaak word vir mense se persoonlik­e agendas ten koste van Oudtshoorn se mense. Die CP Nel-museum behoort aan Oudtshoorn en moet deur Oudtshoorn bestuur word."

Tania Colyn, woordvoerd­er van die departemen­t kultuursak­e en sport het by navraag gesê dat die departemen­t bewus is van die dispuut oor die huurooreen­koms tussen die Oudtshoorn-munisipali­teit en die museumraad van die CP Nel-museum.

"Ongelukkig was vorige pogings tot mediasie om die kwessie tussen die partye op te los, nie suksesvol nie. Die departemen­t moedig die twee partye aan om direk met mekaar in kontak te kom en om die kwessie direk aan te spreek om n oplossing te vind."

'n Navraag in die verband is ook aan Moses Mthethwa, museumbest­uurder gestuur. Hy het onderneem om die navraag deur die loop van die week te beantwoord.

Die CP Nel-museum behoort aan Oudtshoorn en moet deur Oudtshoorn bestuur word.

 ?? Foto: Riaan Jordaan ?? Die CP Nel-museum
Foto: Riaan Jordaan Die CP Nel-museum

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa