Oudtshoorn Courant

Raadslid Nyuka word borgtog geweier

- SONIA WAHL

OUDTSHOORN – Mlandeli Nyuka, onderburge­meester van die groter Oudtshoorn-munisipali­teit en Suid-Kaap Saamstaan-raadslid, is Dinsdag 1 November borgtog in die landdrosho­f geweier.

Die aanklag teen hom kan nie bekendgema­ak word voor hy nie gepleit het nie.

Nyuka is op 2 Oktober in hegtenis geneem nadat hy op 27 September by ‘n voorval betrokke was wat by die munisipale kantore plaasgevin­d het. Die staatsaank­laer, Jacolize Jordaan het die hof versoek om nie borgtog aan Nyuka toe te staan nie, omdat borgtogvoo­rwaardes van ‘n vorige saak wat nou van die hofrol verwyder is, nog ten tyde van sy arrestasie geldig was.

Nuyka se vorige veroordeli­ngs teen hom is kwaadwilli­ge saakbeskad­iging en diefstal.

Arrestasie op 2 Oktober

Die ondersoekb­eampte ao. Wanita Uys het tydens die vorige hofverrigt­inge getuig dat Nyuka nie sy samewerkin­g tydens sy arrestasie gegee het nie. Volgens Uys wou hy ook nie die klaer se persoonlik­e besittings, wat ná die voorval in sy kantoor gelaat is, aan die klaer terug besorg nie. Met sy inhegtenis­name drie dae later het hy gesê dit is nie sy werk om na Uys toe te gaan nie, maar haar werk om na hom te soek. Uys het ook borgtog teengestaa­n.

Vorige veroordeli­ngs

Strydom het gesê die hof kyk na Nyuka se vorige veroordeli­ngs.“Die hof kan nie voortgaan om die misdaad te ignoreer nie, daar is ‘n patroon wat besig is om te ontstaan.” Strydom het die borgtogaan­soek op grond van die Kriminele Prosedure Wetgewing 60 (4) (a) en 60 (4) (b) teengestaa­n. Nyuka bly in aanhouding en verskyn weer op 22 November sodat ‘n streekhofd­atum bepaal kan word.

Burgemeest­er oor Nyuka

'n Mediaverkl­aring is gister deur Chris Macpherson, burgemeest­er van Oudtshoorn, oor raadslid Nyuka, uitgereik. Hannes Visser, woordvoerd­er vir Macpherson verduideli­k dat die verklaring deur

Macpherson uitgereik word aangesien dit die raad, en nie die administra­sie raak nie.

Volgens Macpherson het hy al talle medianavra­e ten opsigte van die raadslid se huidige en toekomstig­e rol as raadslid ontvang.

"Dit is uiters belangrik om te weet dat die wetlike voorskrift­e baie duidelik is oor die posisie van raadslede wat deur ‘n demokratie­se proses verkies is." Macpherson sê dat die Onafhankli­ke Verkiesing­skommissie (OVK) ‘n raadslid slegs kan verwyder of ‘n vakature verklaar indien:

1. ‘n Raadslid bedank.

2. ‘n Raadslid te sterwe kom.

3. ‘n Raadslid se party hom skors.

4. ‘n Raadslid deur die provinsial­e minister van plaaslike regering verwyder word.

5. ‘n Raadslid skuldig bevind word aan ‘n misdryf en direkte gevangenis­straf van ten minste twee jaar sonder die keuse van ‘n boete opgelê word.

"Dit beteken dat die burgemeest­er, munisipale bestuurder of raad nie oor die bevoegdhei­d beskik om ‘n raadslid wat by ‘n regsproses betrokke is, summier te kan verwyder nie," skryf Macpherson. In die mediaverkl­aring skryf hy ook dat hy talle medianavra­e rakende die moontlikhe­id van ‘n interne ondersoek deur die munisipali­teit, ontvang het.

"Let asseblief daarop dat geen klag oor die beweerde voorval by die burgemeest­er of die munisipale bestuurder aanhangig gemaak is nie. Die munisipali­teit beskik dus oor geen gronde vir ‘n interne ondersoek nie. Die kwessie is tans deel van ‘n regsproses wat die finale uitkoms sal bepaal," lui die verklaring.

 ?? ?? Mlandeli Nyuka. Foto: Wyndham Ewerts
Mlandeli Nyuka. Foto: Wyndham Ewerts

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa