Oudtshoorn Courant

18-jarige verdrink in dam

- LIEZL VAN NIEKERK Lees ook ‘n artikel by www.georgehera­ld.com.

Vier dae na die liggaam van ‘n 18-jarige seun onder die water in die Stompdrift­dam, buite De Rust, verdwyn het, het polisiedui­kers hom uiteindeli­k Dinsdagmid­dag net na 13:00 gevind. Casey Williams

(18), ‘n leerder van die privaat skool, Study House in George, was saam met ‘n skoolgroep by die dam toe die tragiese voorval plaasgevin­d het.

George Herald, susterskoe­rant van die Oudtshoorn Courant, berig dat almal steeds in skok is en verpletter is na Casey se ontydige afsterwe.

Clive Welgemoed, hoof- uitvoerend­e beampte van die skool en woordvoerd­er van die familie, het aan George Herald gesê Williams was ‘n vriendelik­e en goedgesind­e sagte siel.

“Hy was gewild onder sy maats, ‘n topstudent, sportief en ‘n gesonde jong man wat lief was vir dans.”

Volgens Welgemoed was Williams deel van ‘n groep van 10 leerders wat aan ‘n vaardighei­dsbou-uitstappie by die dam deelgeneem het.

“Ons het as deel van die naweek se program die uitwerking van sterk winde op die strukturel­e-integritei­t van die geboue in die gebied ondersoek. Van die leerders het na die dam gegaan en wou in die water speel. Daar was twee volwassene­s en drie monitors teenwoordi­g. Casey en ‘n vriend het op ‘n opblaasmat­ras (lilo) gedryf toe ‘n sterk wind hulle omgewaai het. Hy het na die damwal probeer swem, maar het onder die water verdwyn. Alles het so vinning gebeur. Een van die volwassene­s het na Casey toe geswem en hom probeer gryp, maar hy was te laat en hy kon hom nie onder die water kry nie.”

Sy ouers en grootouers was Dinsdag op die toneel toe sy liggaam gevind is.

“Study House en die Williams-familie wil die Wes-Kaapse onderwysde­partement en die Stompdrift­dam-gemeenskap vir hul ondersteun­ing die afgelope naweek bedank,” het Welgemoed gesê.

Williams laat sy ouers, Craig en Maggie, en jonger suster Hannah agter. Casey word Saterdag, 5 November om 13:00 uit die Joshua Generation-kerk in CJ Langenhove­nstraat, George begrawe.

 ?? ??
 ?? ?? Nooddienst­e op die toneel waar Casey Williams (BO) verdrink het.
Nooddienst­e op die toneel waar Casey Williams (BO) verdrink het.
 ?? ?? Polisiedui­kers het vir vier dae onverpoos na die liggaam van Casey Williams gesoek.
Polisiedui­kers het vir vier dae onverpoos na die liggaam van Casey Williams gesoek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa