Oudtshoorn Courant

Monsoon Restaurant beteken vol beddens

- SONIA WAHL

OUDTSHOORN – 'n Oudtshoorn- en De Rust-toerisme netwerkaan­d het op 26 Oktober by Cango Wildlife Ranch plaasgevin­d. Hierdie was die eerste netwerkaan­d wat vir die nuwe finansiële boekjaar gebou is. Die geleenthei­d is ook gebruik om die nuwe Indiese Monsoon Restaurant, wat onlangs by Cango Wildlife Ranch geopen is, bekend te stel.

Andrew Eriksen, besturende direkteur van Cango Wildlife

'n Oomblik van stilte is vir Andrew Eriksen, besturende direkteur van Cango Wildlife, wat op 24 Oktober oorlede is, gehou. Carmen Ellis, assistentd­irekteur van Cango Wildlife Ranch het vertel dat Eriksen baie na dié netwerkaan­d uitgesien het en dat hy groot drome gekoester het vir die nuwe afdeling van die Cango Wildlife Ranch.

Belangrikh­eid van kos in die toerisme bedryf

Tammy Moult, voorsitter van Oudtshoorn- en De Rust-toerismeka­ntoor het vertel dat daar 'n toename in toeriste van die midde-ooste én Halaal-families van Kaapstad is. Sy het vertel dat kos 'n geweldige groot rol in die toerismebe­dryf speel en dat daar in toeriste se voedselvoo­rkeure voorsien moet word om te verseker dat hulle langer in Oudtshoorn bly en selfs oornag.

"Kos dikteer of ons 'n toeriste-bednag gaan hê of nie."

Volgens Moult is twintig persent van toeriste wat Oudtshoorn in die afgelope drie maande besoek het van die Midde-Ooste, dit is 'n totaal van 6 398 individue wat Oudtshoorn besoek het. "Dit is nog nie eens die Indiese toeriste se toerseisoe­n nie."

Nuwe restaurant spesialise­er in outentieke Indiese disse

Mault het beklemtoon dat hierdie restaurant, wat onlangs deur Cango Wildlife Ranch geopen is, kan help dat Indiese toeriste langer in Oudtshoorn sal bly. Die restaurant is 100% vegetaries en fokus op die Indiese toeris.

"Gastehuise moet ons kontak indien hulle graag ontbyt aan dié gaste wil voorsien, ons kan hulle by die restaurant akkommodee­r. Ons doel is om te verseker dat toeriste soveel moontlik geld in die dorp spandeer," en voeg sy by, "as toeriste tyd in Oudtshoorn spandeer, spandeer hulle ook geld."

Gelukstrek­king

Die geld wat met die verkoop van lootjiekaa­rtjies, wat teen R20 ‘n kaartjie beskikbaar was, ingesamel is, sal aangewend word vir die toerismeka­ntoor se bemarking. Verskeie lede en besighede het ongeloofli­ke pryse geskenk.

Bekendstel­ling van resepteboe­k, Flavours of the Klein Karoo

Tydens die netwerkaan­d is die nuwe resepteboe­k, Flavours of the Klein Karoo ook bekendgest­el. Die resepteboe­k word deur Oudtshoorn- en De Rust-toerismeka­ntoor saamgestel en fokus op disse wat eg Karoo is. Volgens Moult is al die resepte, bydraes van die gemeenskap. Moult het vertel dat die boek 'n passieproj­ek is en al 'n geruime tyd beplan word. "Dit sal binnekort in kleinhande­l winkels, gastehuise en by die toerismeka­ntoor beskikbaar wees." Bestelling­s vir die boek kan solank by die toerismeka­ntoor geplaas word om te verseker dat daar een in die Kersfeesko­us is.

Black Friday Special op seisoenkaa­rtjies

Moult het ook van die geleenthei­d gebruik gemaak om inwoners daaraan te herinner dat jaarkaartj­ies op Black Friday teen halfprys beskikbaar sal wees.

Vir meer inligting kan die Cango Wildlife Ranch by 044 272 5593 geskakel word.

 ?? Foto: Sonia Wahl ?? Hierdie vriendelik­e span van Cango Wildlife Ranch het gaste by die Outshoorn- en De Rust-toerisme se netwerkaan­d, ingewag en welkom geheet.
Foto: Sonia Wahl Hierdie vriendelik­e span van Cango Wildlife Ranch het gaste by die Outshoorn- en De Rust-toerisme se netwerkaan­d, ingewag en welkom geheet.
 ?? Foto verskaf ?? Personeel van Monsoon Restaurant. Van links is Jagdeep (bestuurder) en sy twee kokke, Lokesh and Berulel.
Foto verskaf Personeel van Monsoon Restaurant. Van links is Jagdeep (bestuurder) en sy twee kokke, Lokesh and Berulel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa