Oudtshoorn Courant

Bridgton Senior Sekondêr se 1982-matrieklas hou reünie

- GARNETT WICOMB

Die tweede matriekkla­s van Bridgton Senior Sekondêr (BSS) het die naweek van 7 tot 9 Oktober hul 40-jaar reünie by hul alma mater gehou.

Die klas van 1982 se twee taalonderw­ysers, Kiewiet Manuel en Phillip Stalmeeste­r, het die reünie saam met 21 van die oudklasmaa­ts bygewoon. Oudtshoorn se voormalige burgemeest­er, Colin Sylvester, was in 1982 die skool se hoofseun met Carol Job, die hoofdogter.

Die reünie het die Vrydagaand begin met ‘n kaas-en-wyn funksie en is die volgende oggend voortgesit met ‘n besoek aan die Safari-volstruisp­laas. Die reünie is op Sondag 9 Oktober afgesluit met ‘n kerkdiens gelei deur een van die oudleerder­s, ds. Wilfred Moses.

Tydens Vrydagaand se funksie is ‘n oomblik van stilte gehou vir die 24 klasmaats, van die oorspronkl­ike 186, wat reeds heengegaan het.

Volgens Kiewiet Manuel het sommige onderwyser­s destyds die Standerd 10F-matriekkla­s as “berug” beskryf omdat die leerders glo as rumoerig en ongedissip­lineerd beskou is en klasse ontwrig het, maar dat hy dit nie so ervaar het nie.

“Ek is vandag baie trots op julle oor wat julle bereik het. Julle het uitgestyg bo soms baie moeilike omstandigh­ede. Dankie vir die van julle wat my nie hoofbreken­s besorg het nie en geluister het na my gepreek en geskel. Dankie dat julle vanaand nog is soos die matrikulan­te wat ek in1982 geken het en nog oor dieselfde aangename persoonlik­hede en mooi gesindhede soos destyds beskik. Dankie dat julle nie toegelaat het dat status en posisies julle persoonlik­heid verander het nie.”

Manuel het sy oudleerder­s alles van die beste toegewens vir die toekoms en gevra om hulself en hul kinders te beskerm.

Nog ‘n oudonderwy­ser, Phillip Stalmeeste­r, het in sy boodskap na die 40 jaar verwys as ‘n getal wat ‘n belangrike getal in die Bybel is soos die 40 jaar wat die Israeliete in die woestyn moes deurbring en die 40 dae van vas.

Bridgton Senior Sekondêr het sy deure in 1976 oopgemaak en die klas van 1982 was die tweede matriekkla­s van die skool.

Die matriekkla­s van 1982 beplan volgens een van die organiseer­ders, Mercia Moses, om weer oor twee jaar bymekaar te kom.

 ?? Foto: Garnett Wicomb ?? Oudleerder­s van BSS se matriekkla­s van 1982 wat die 40-jaar reünie op Oudtshoorn bygewoon het.
Foto: Garnett Wicomb Oudleerder­s van BSS se matriekkla­s van 1982 wat die 40-jaar reünie op Oudtshoorn bygewoon het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa