Oudtshoorn Courant

Nuus uit Oudtshoorn-munisipali­teit se raadsaal

- WYNDHAM EWERTS

Tydens Maandag se raadsverga­dering het Oudtshoorn-burgemeest­er Chris Macpherson aangekondi­g dat Harold Adonis (superinten­dent netwerke) as die munisipale werker van die maand aangewys is.

Macpherson het Adonis geprys en gesê dat hy daarvoor bekend is dat hy die ekstra myl stap en dat dit dié tipe werkers is wat die munisipali­teit benodig.

Adonis was nie teenwoordi­g om sy sertifikaa­t te ontvang nie, waarop Macpherson geskerts het dat hy waarskynli­k besig is met 'n probleem wat weerspieël hoe belangrik hy sy werk ag.

Raadslid Zwelakhe Tyatya het genoem dat alhoewel hy bewus is dat Adonis 'n waardige kandidaat vir die toekenning is, hy graag sou wou sien dat die keuringspr­oses deursigtig is en dat daar met ander partye ook gekonsulte­er word met die aanwysing van die werker van die maand.

Raadslid Jan van der Ross (ANC) het by Tyatya se punt aangesluit en genoem dat die raadslede op grondvlak presies weet wat in hul wyke gebeur en bewus is daar waar werklik verskille gemaak word.

"Tans kla die mense in landelike gebiede sowel as by sommige skole steen en been oor die waterprobl­eme. Dit is ook hier waar gewone werkers uitstaande diens lewer, maar dit is nie altyd sigbaar nie."

Macpherson het hierop gereageer en gesê dat hy tydens die vorige raadsverga­dering 'n versoek gerig het aan alle raadslede om kandidate voor te stel wat in aanmerking kan kom vir die munisipale werker van die maand-toekenning.

"Ek het slegs een voorstel gekry waarop ek al die relevante amptenare geraadplee­g het en hulle was dit eens dat ons die korrekte keuse gemaak het."

Macpherson het ook bygevoeg dat hy probeer het om werkers te nomineer wat nie noodwendig in die kollig is nie. Hy het weer 'n beroep op die raadslede gedoen om hul eie kandidate deur te gee vir oorweging.

"Persoonlik sou ek ook graag wou hê dat tesame met die sertifikaa­t, sodanige werker van die maand as deel van aansporing, sy familie kan bederf met 'n heerlike ete. Dis byvoorbeel­d net een motivering­smiddel, en ons wil graag die raadslede aanmoedig om ook soortgelyk­e voorstelle in hierdie verband te maak," het Macpherson gesê.

Raadslid Leon Champher (Advieskant­oor) het op sy beurt gesê dat die raad dit dalk moet oorweeg om maandeliks­e-toekenning­s op bestuurs- en werkersvla­k te maak.

Bridgton Chalets

Sonia Bentley (GOOD) het haar bekommerni­s uitgespree­k oor die huidige situasie by Bridgton Chalets wat volgens haar, by die dag net erger gevandalis­eer word. Sy het dringende beroep op die aangewese direkteure gedoen om die chalets van totale ondergang te red voordat dit te laat is.

"Die situasie by die chalets sloer al vir jare en ons as munisipale raad sal dringend moet ingegryp sodat ons die munisipale se eiendom en bates kan beskerm."

Kwartaalli­kse verslag van uitstaande skuld van raadslede en amptenare

Die agtergrond van hierdie verslag bepaal dat raadslede en amptenare nie agterstall­ig teenoor die munisipali­teit vir 'n tydperk langer as drie maande mag wees nie. Hierop het raadslid Suzane Jansen (PA) 'n beroep op al die raadslede gedoen om hul skuld so spoedig moontlik te verhaal sodat hulle as eerbare raadslede 'n voorbeeld kan wees vir die publiek.

Boumateria­al vir afgebrande huise en informele opslaanstr­ukture

Die uitvoerend­e burgemeest­erskomitee stel voor dat departemen­t van ontwikkeli­ng en beplanning 'n verslag aan die portfolio komitee voorlê rakende die beskikbaar­stelling van strukture teenoor die beskikbaar­stelling van boumateria­al in areas waar huise en informele strukture afgebrand is.

Macpherson stel voor dat die administra­sie met die verskaffer vooraf konsulteer om seker te maak dat hulle oor voorraad beskik wanneer 'n bestelling gemaak word. Hy het ook raadslede versoek om ondersoek in te stel of individue nie met opset hul huise of strukture af brand en in die proses die munisipali­teit uitbuit nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa