Oudtshoorn Courant

Netwerkaan­d - Huis Triomf vra hulp

- SONIA WAHL

OUDSTHOORN - Die Oudtshoorn­besigheids­kamer se laaste netwerkaan­d vir die jaar het op 27 Oktober by die Six Gun Grill-sportterre­in plaasgevin­d. Die volgende besigheids­kamer-geleenthei­d is die gala-aand wat by De Opstal Country Lodge op 17 November gehou gaan word.

Rudy Claassen, president van die SWD-krieketspa­n, Chris Macpherson (Oudtshoorn-burgemeest­er) en Johan Allers (hoofsweep) het ook die netwerkaan­d bygewoon.

Abri Ferreira, het weereens genoem dat toerisme in Oudtshoorn toeneem en het beklemtoon dat almal 'n verantwoor­delikheid het om nie negatiewe opmerkings van Oudtshoorn op sosiale media te plaas nie.

"Negatiewe opmerkings op sosiale media kan groot skade aan ons dorp aanrig. As daar 'n probleem is, bespreek dit met die persoon wat daarmee werk. Die dorp en Oudtshoorn-munisipali­teit is committed om die dorp met nuwe ontwikkeli­ngs te laat groei," het Ferreira gesê.

Ferreira het ook gesê dat hulle in die begin van die jaar besluit het om daarop te fokus om verrigting­e in die dorp uit te brei en het bevestig dat dit wel die geval is.

Gasspreker, pastoor Rudolf Kwant, voorsitter van Huis Triomf, wat ook onlangs in Oudtshoorn Courant was oor die verbeterin­ge wat by Huis Triomf aangebring is, het in sy toespraak gevra dat besighede en inwoners van Oudtshoorn by Huis Triomf betrokke raak. Hy het bygevoeg dat sy gemeente, The Barn Christian Fellowship, al amper R1 miljoen in Huis Triomf belê het.

"Die afgelope boekjaar se ouditeursv­erslag het 'n "skoon" oudit gelewer en ons is verskrikli­k bly daaroor," het Kwant gesê.

Die bestuur van Huis Triomf gaan op die volgende doelwitte fokus:

Beheerraad te werf wat passievol oor Huis Triomf is en in personeel se opleiding te belê. Opknapping­swerk aan die binnekant. Opknapping­swerk aan die buitekant. Hy het ook genoem dat die kinders uit haglike omstandigh­ede kom. "Huis Triomf moet 'n huis vir die kinders wees; hulle moet daar wil wees. Die kinders is die hooffokus en ons wil hulle lewens verander."

Die publiek wat betrokke wil raak of 'n finansiële bydra wil maak, kan Crystal Muller, bestuurder van Huis Triomf by 060 699 5316 kontak.

Geen nuwe lede het die maand by die besigheids­kamer aangesluit nie.

 ?? Foto: Sonia Wahl ?? Van links is Abri Ferreira (Voorsitter - Oudtshoorn-besigheids­kamer), Albertus Kennedy - (hoof-uitvoerend­e beampte SWD-krieket), Heléne Badenhorst (ondervoors­itter - Oudtshoorn-besigheids­kamer), pastoor Roelof Kwant (voorsitter van Huis Triomf), Chris Macpherson (Oudtshoorn-burgemeest­er), Rudy Claassen (president - SWD-krieket).
Foto: Sonia Wahl Van links is Abri Ferreira (Voorsitter - Oudtshoorn-besigheids­kamer), Albertus Kennedy - (hoof-uitvoerend­e beampte SWD-krieket), Heléne Badenhorst (ondervoors­itter - Oudtshoorn-besigheids­kamer), pastoor Roelof Kwant (voorsitter van Huis Triomf), Chris Macpherson (Oudtshoorn-burgemeest­er), Rudy Claassen (president - SWD-krieket).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa