Oudtshoorn Courant

353 neem deel aan uitpaserin­gsparade

- SONIA WAHL

OUDTSHOORN - Die uitpaserin­gsparade van die National Rural Youth Services Corps (NARYSEC) het op 27 Oktober by Oudtshoorn-Infanterie­skool plaasgevin­d. Die adjunkmini­ster van landbou, grondhervo­rming en landelike ontwikkeli­ng, Mcebisi Skwatsha, het die geleenthei­d bygewoon en toekenning­s aan deelnemers wat uitmuntend gevaar het oorhandig.

Die uitpaserin­gsparade is deur 353 NARYSEC-deelnemers bygewoon - die departemen­t wil met die program daarna streef om die regering se dienste te verbeter.

Deelnemers het opleiding, wat gefokus het op gemeenskap­sontwikkel­ing, leierskapo­ntwikkelin­g, besigheids­bewustheid, dissipline en patriotism­e, ontvang.

Wat is the NARYSEC-program?

Die NARYSEC-program is ook verbind met die departemen­t se Comprehens­ive

Rural Developmen­t Programme (CRDP) wat ‘n holistiese strategie bied deur landelike gebiede te ontwikkel en jeug die kapasiteit te gee om ekonomies aktief te wees.

Die NARYSEC-program is ‘n jeugontwik­kelingspro­gram van DALRRD en is een van die toevoeging­s wat werklooshe­id onder jeug in landelike omgewings bekamp.

Deelnemers tussen die ouderdom van 18 en 35 is uit vyf provinsies gekies om aan die program deel te neem.

Uitpaserin­gsparade

Die NARYSEC-deelnemers, is op die paradegron­d, deur die Wes-Kaapse weermagork­es begelei om uiteindeli­k vir hul uitkeerpar­ade aan te tree. Hulle het ook tydens die geleenthei­d hulle vaardighed­e wat oor die afgelope maande aangeleer is ten toon gestel. Verskeie toekenning­s is aan deelnemers, wat uitmuntend presteer het, oorhandig. Skwatsha het aan elke student wat 'n toekenning ontvang het met die woorde, "reach for your dreams," bemoedig.

 ?? ?? Die NARYSEC-deelnemers is gekies omdat hulle in verskeie afdelings uitmuntend gevaar het. Foto: Sonia Wahl
Die NARYSEC-deelnemers is gekies omdat hulle in verskeie afdelings uitmuntend gevaar het. Foto: Sonia Wahl

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa